
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:16 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1448.

STORTING VAN RIOOLVULLIS

(Voorstel)

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis met ernstige besorgdheid kennis neem van die storting van rioolvullis wat weer eens by die Sunvlei rioolwerke buite Macassar plaasgevind het, en verder kennis neem van die ernstige uitwerking wat dit op die omgewing en gemeenskap het, en 'n beroep op alle betrokke provinsiale departemente doen om druk op plaaslike regering uit te oefen om 'n oplossing te vind.

Goedgekeur.

NOODLENIGINGSHULP AAN SLAGOFFERS VAN BRANDE

(Voorstel)

*Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis 'n beroep op die koalisieregering, en in besonder die Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste, doen om dit te oorweeg om noodlenigingshulp beskikbaar te stel aan die behoeftige slagoffers van die brand op 2 Maart 2000 wat 45 hutte in die White City plakkerskamp in Mbekweni in puin gel het.

*Die SPEAKER: Orde! Dit is 'n kennisgewing sonder voorstel hierdie. Is daar enige beswaar? [Tussenwerpsels.] Ek wil die agb lid graag versoek om dit te herhaal en dan sal ons 'n besluit neem.

*Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis 'n beroep op die koalisieregering, en in besonder die Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste, doen om dit te oorweeg om noodlenigingshulp beskikbaar te stel aan die behoeftige slagoffers van die brand op 2 Maart 2000 wat 45 hutte in die White City plakkerskamp in Mbekweni in puin gel het.

*Die SPEAKER: Orde! Dankie.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit moontlik om 'n amendement op so 'n voorstel voor te stel? Ek dink dat indien die mosie gelui het, "... dit te oorweeg om noodlenigingshulp beskikbaar te stel ...", daar geen beswaar daarteen sou wees nie. Ek dink dat dit moeilik vir die Huis sou wees om die betrokke Minister in hierdie stadium hiertoe te verbind. Ek dink ons sou dit kon ondersteun indien daardie wysiging goedgekeur sou word.

*Die SPEAKER: Orde! Ja. Indien die Huis 'n besluit oor enige aangeleentheid neem, bind dit in elk geval nie noodwendig die Uitvoerende Gesag tot die uitvoering van daardie besluit nie. Soos die agb Minister tereg uitgewys het, wil ons dit meer aanvaarbaar maak deur die Uitvoerende Gesag op die korrekte wyse te nader. Is die agb lid me Phike bereid om die voorstel dienooreenkomstig te wysig?

*Me L N PHIKE: Ja, mnr die Speaker.

Goedgekeur.

ONTPLOOIING VAN LEDE VAN SAPD

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) daarvan kennis neem dat vandag ongeveer ses jaar na die vestiging van demokrasie in die land en provinsie, 'n meer verteenwoordigende en sinvolle ontplooiing van lede van die SAPD na hierdie Wetgewer sy geboorte, gestalte en lewe sien;

(2) die stap verwelkom as nog 'n tree geneem op die pad na verandering, vooruitgang en 'n nie-rassige Wes-Kaap in die besonder, veral gedagtig daaraan dat die ANC hierdie bepaalde kwessie met groot verbintenis oor 'n lang tydperk voortdurend bly opper het; en

(3) hom opnuut verbind tot die uitbou en versorging van 'n nie-rassige, nie-seksistiese, vry en demokratiese Wes-Kaap.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar?

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, kan die agb lid dit net herhaal, asseblief?

Die SPEAKER: Nee, ons kan nie so voortgaan nie. [Tussenwerpsels.] Agb lede moet beswaar aanteken. As agb lede die samewerking van ander agb lede in die Huis wil h, sal dit miskien 'n goeie ding wees, as hulle voel dit is nie kontroversieel nie, om dit aan die Swepery van die verskillende partye beskikbaar te stel. Ons kan nie in die Huis kort-kort voorstelle laat herhaal en vir elkeen tevrede stel tot almal verstaan en duidelik gehoor het nie, hetsy of die fout l aan die kant van die lid wat die voorstel voordra, of aan die kant van die lede wat daarna luister en onmiddellik 'n besluit oor die voorstel moet neem.

Ek gaan dus vir die laaste keer rel dat die agb lid mnr Byneveldt die voorstel voordra en dan sal ons daaroor besluit. Ek gaan egter in die toekoms dit nie sommer toelaat nie.

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, met u verlof, stel ek sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) daarvan kennis neem dat vandag ongeveer ses jaar na die vestiging van demokrasie in die land en provinsie, 'n meer verteenwoordigende en sinvolle ontplooiing van lede van die SAPD na hierdie Wetgewer sy geboorte, gestalte en lewe sien;

(2) die stap verwelkom as nog 'n tree geneem op die pad na verandering, vooruitgang en 'n nie-rassige Wes-Kaap in die besonder, veral gedagtig daaraan dat die ANC hierdie bepaalde kwessie met groot verbintenis oor 'n lang tydperk voortdurend bly opper het; en

(3) hom opnuut verbind tot die uitbou en versorging van 'n nie-rassige, nie-seksistiese, vry en demokratiese Wes-Kaap.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek maak beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word.

Die SPEAKER: Orde! Daar word kennis geneem daarvan.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP [W5-2000]

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 8 - Beplanning, Plaaslike Bestuur en Behuising:

Beplanning

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Speaker, daar is sewe wesenlike uitdagings waarvoor die Hoofdirektoraat: Ontwikkelingsbeplanning in die nuwe boekjaar te staan kom. Die eerste een is transformasie.

Oor die afgelope twee en 'n half jaar was Ontwikkelingsbeplanning die onderwerp van 'n SOKO-ondersoek, waarvan die vernaamste oogmerke ten eerste was om te verseker dat die hoofdirektoraat sy grondwetlike verpligtinge ten opsigte van provinsiale beplanning, streekbeplanning en stedelike en landelike ontwikkeling nakom; ten tweede om te verseker dat daar geen oorvleueling tussen die rolle en verantwoordelikhede van die onderskeie direktorate en hoofdirektorate in die Provinsie is nie; ten derde om die diensstaat van die Hoofdirektoraat: Ontwikkelingsbeplanning van die regte orde te kry ten einde die doeltreffende en doelmatige funksionering daarvan te verseker; en ten vierde om dienslewering te verbeter.

Die Kabinet het die SOKO-verslag verlede April goedgekeur en ons is besig om die aanbevelings daarvan in werking te stel, wat gelei het tot verskeie veranderinge in die struktuur van die hoofdirektoraat, met inbegrip van die vermindering van die huidige diensstaat daarvan van 157 tot 109 poste.

Ek moet ook meld dat slypskole oor transformasie en verskeidenheidsbestuur vir alle personeellede in die departement aangebied is om aandag te gee aan die kultuur van die departement en hoofdirektoraat. Hierdie slypskole, wat onafhanklik gefasiliteer is, is ontwerp om personeel bewus te maak van die eise en verwagtinge van die werkplek in die nuwe post-apartheid omgewing van gelykheid, rekenpligtigheid en deursigtigheid.

Selfs die mees oppervlakkige blik op die samestelling van personeel in Ontwikkelingsbeplanning sal aantoon dat ons steeds jammerlik tekort skiet wanneer dit by rasseverteenwoordiging kom. Hierdie Parlement moet weet dat dit vir my 'n bron van aansienlike kommer is en dat ek geen steen onaangeroer sal raak in my pogings om hierdie situasie reg te stel nie. Die nalatenis van apartheidsonderwys het egter gelei tot 'n tekort aan beroepslui in die beplanningsdissipline, en ons moet onder geen illusie verkeer oor die omvang van die uitdaging waarvoor ons te staan kom in ons pogings om rassegelykheid in hierdie hoofdirektoraat te bewerkstellig nie.

Voordat ek oorgaan na die bespreking van die ander wesenlike uitdagings waarvoor ons in die komende jaar te staan kom, kan dit nuttig wees om 'n aanduiding te gee van die fondse wat toegewys word aan elk van die Kabinetsoogmerke waarvoor die Hoofdirektoraat: Ontwikkelingsbeplanning verantwoordelik is. Dit is ten eerste die herprioritisering van doelwitte met die oog op groter omgewingsbewustheid - R6,8 miljoen, wat gelyk staan aan 23%; ten tweede, die infasering van die Wet op Beplanning en Ontwikkeling en die regulasies daarvan - R5,8 miljoen, wat op 20% neerkom; ten derde, die bemagtiging van plaaslike regering om gentegreerde ontwikkelingsbeplanning te doen - R8,7 miljoen, wat gelyk staan aan 29%; ten vierde, die opstel en bevordering van 'n doeltreffende provinsiale strategiese plan - R3,8 miljoen, wat gelyk staan aan 13%; ten vyfde, die doeltreffende deelname van plaaslike regering aan provinsiale doelwitte en oogmerke - R2,6 miljoen, wat neerkom op 9%; en, laastens, die uitbesteding van werksaamhede - R1,7 miljoen, wat gelyk staan aan 6%. Ek het inderdaad al hierdie persentasies nagegaan, en saam maak hulle wel 100% uit.

Ek moet ook in hierdie stadium melding maak daarvan dat R10,78 miljoen toegewys is as oordragbetalings aan die Provinsiale Ontwikkelingsraad, wat R2,2 miljoen sal ontvang, en aan plaaslike owerhede, wat in totaal R8,5 miljoen sal ontvang. Hierdie voormelde fondse is geoormerk vir die bevordering van die samestelling van gentegreerde ontwikkelingsraamwerke in die munisipale sfeer, met inbegrip van kapasiteitsbou en die bemagtiging van plaaslike gemeenskappe.

Die volgende saak waaraan ek wil aandag gee, is die suksesvolle implementering van die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling. Oor die afgelope boekjaar het baie van die departement se tyd en die meeste van sy werksaamhede verband gehou met die inwerkingstelling van die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling, wat op 7 April 1999 uitgevaardig is. Ten einde hierdie Wet in werking te stel, moes aan twee vereistes voldoen word: ten eerste, die uitvaardiging van die regulasies en, ten tweede, die aanstelling van die Hersieningsraad op Beplanning.

Die eerste van hierdie vereistes het langer geneem as wat aanvanklik verwag is, vanwe die baie deeglike proses van oorlegpleging en openbare deelname wat met die finalisering van die regulasies gepaard gegaan het. In hierdie verband is 'n taakspan saamgestel om die Direktoraat: Grondontwikkelingsbestuur by te staan met die opstel van die regulasies. Hierdie span is saamgestel uit verteenwoordigers van die plaaslike regeringsektor, omgewings-NROs, Kaapse Natuurbewaring en toepaslike professionele organisasies soos die Instituut van Stads- en Streekbeplanners en VEESA.

Die regulasies is gepubliseer en 'n groot verskeidenheid opmerkings is ontvang, en dit is noukeurig deur die departement oorweeg. Die basiese vertrekpunte vir die regulasies was dat hulle moes voldoen aan die wette van natuurlike geregtigheid, voldoende voorsiening maak vir openbare deelname en maklik verstaanbaar moes wees. Hierdie regulasies is nou deur die toepaslike staande komitee oorweeg en behoort binnekort in die Provinsiale Koerant gepubliseer te word.

Ten einde die inwerkingstelling van hierdie Wet te vergemaklik en die nodige kapasiteit onder plaaslike owerhede in die provinsie te bou, word opleidingsessies in al die distriksraadsgebiede gehou om munisipale raadslede en amptenare vertroud te maak met die beginsels en bepalings van hierdie belangrike wetgewing en regulasies.

Benoemings is eweneens aangevra vir die paneel van die Hersieningsraad op Beplanning. Ek moet hierdie Parlement egter inlig dat ek nie tevrede was dat die benoemings wat voorgel is die Premier in staat sou stel om 'n raad aan te stel wat beduidend verteenwoordigend was van die Provinsie se bevolking ten opsigte van f ras f geslag nie. Ek het daarom besluit om van voor af met die benoemingsproses te begin, in die hoop dat ek in staat sou wees om 'n Hersieningsraad by die Premier aan te beveel wat die demografie van die Wes-Kaap weerspiel en die vertroue van alle sektore van ons bevolking geniet.

Die volgende saak is die instelling en bevordering van biostreekbeplanning regdeur hierdie provinsie. In ooreenstemming met die Kabinet se sleuteloogmerk van die herprioritisering van ons oogmerke met die oog op groter omgewingsbewustheid, is dit vir my aangenaam om verslag te kan doen dat aansienlike vordering met die Provinsie se biostreekbeplanningstudies gemaak is. Agb lede sal onthou dat die Kabinet tydens 1996 die toepassing van biostreekbeplanningsbeginsels in ruimtelike ontwikkelingsprojekte in die Wes-Kaap goedgekeur het en die standpunt onderskryf het dat die provinsie uiteindelik met groepe biosfeerreservate oortrek sou word.

Goeie vordering is in hierdie verband gemaak, en die ruimtelike planne vir bykans al die kusgebiede is in werking. Kogelberg is verklaar tot die eerste sodanige biosfeerreservaat in Suid-Afrika, en die Kaapse Weskusreservaat is in November verlede jaar aan Unesco voorgel. Daardie organisasie het tydens Januarie vanjaar begin met sy proses van aansoekevaluering en die uitslag kan in Augustus of September verwag word.

Ons is van voorneme binne die volgende twee tot drie weke om 'n handleiding oor biostreekbeplanning aan plaaslike owerhede en ander sleutelrolspelers beskikbaar te stel.

Laat my in hierdie stadium toe om vir 'n oomblik stil te staan by die kusgebiedbeleid van die Provinsie, wat nou in 'n gevorderde stadium van voorbereiding is, want ek dink dat dit een van die belangrikste projekte is wat in die loop van die komende boekjaar voltooi staan te word.

Baie aansoeke word in die Wes-Kaap ontvang vir die ontwikkeling van vakansieoorde in die 1 015 km lange kusgebied. Die meeste van hierdie aansoeke om ontwikkeling, indien nie almal nie, is gele op landbougrond aan die kus tussen bestaande ontwikkelingsnodusse soos kusdorpe en -nedersettings. Hierdie onontwikkelde kusgrond het in baie gevalle 'n intrinsieke natuurlike en kulturele waarde, nie slegs uit die oogpunt van ruimtelike grondgebruik nie, maar ook uit 'n ekologiese of bewaringsoogpunt.

Aangesien aansoeke van hierdie aard tans op 'n min of meer ad hoc-grondslag deur die departement oorweeg word, word probleme ondervind met die goedkeuring van sodanige aansoeke, want dit hou verband met die getal wonings, trosgroepering teenoor linire uitleg van eenhede, terugverskuifde ontwikkelingsgrense vanaf die hoogwatergrens, die grootte van erwe en gewone huise, die fragmentasie van natuurlike gebiede en die bestuur van die oorblywende natuurlike gebiede.

Aangesien die grootste gedeelte van die Wes-Kaapse kusgebied in privaatbesit is, kan daar nie verwag word dat die getal ontwikkelingsaansoeke sal verminder voordat elke kuseiendom ontwikkel is nie. Die potensile implikasies van die ontwikkeling van feitlik die hele kusgebied van die provinsie moet dus noukeurig oorweeg word. Dus, ten einde verteenwoordigende natuurlike gebiede en die karakter van die kus te bewaar en ten einde volhoubare ontwikkeling te verseker, moet 'n onderhandelde provinsiale beleid wat ontwikkeling kan rig en met bewaring kan versoen as 'n saak van dringendheid opgestel word.

So 'n beleid moet voorts biostreekbeplanningsbeginsels, wat verwys na die gentegreerde verhouding tussen die ekologiese prosesse en die behoeftes en beskouings van plaaslike gemeenskappe, en wat algemeen erken word as kernbelangrik vir die bereiking van volhoubare ontwikkeling, aan die grondslag daarvan h.

Hierdie sorge en verantwoordelikhede het aanleiding gegee tot die opdrag om die kusgebiedbeleid vir die Provinsie Wes-Kaap te ontwikkel. Die opdrag van hierdie projek is dus tweevoudig: ten eerste om, in ooreenstemming met biostreekbeplanningsbeginsels, die huidige provinsiale ruimtelike kusgebied-ontwikkelingsbeleid te hersien en nuwe beleid te formuleer; en, ten tweede, om riglyne te formuleer oor die volhoubare ontwikkeling van kusplase wat tussen huidige en beplande ontwikkelingsnodusse gele is.

Die kusgebiedbeleid van die Wes-Kaap is ook gekordineer met die formuleringsproses van die nasionale kusbestuursbeleidprogram. Ten einde tyd en geld te bespaar, is daar tussen die betrokke owerhede in die nasionale en provinsiale sfere ooreengekom om kragte en hulpbronne saam te snoer. Die nasionale slypskole vir die Wes-Kaapse substreke is dus ook by die provinsiale inisiatief ingesluit.

Hierdie slypskole is deur verteenwoordigers van plaaslike regering, omgewingsliggame en die betrokke gemeenskappe bygewoon. Tussen September en Desember verlede jaar het die konsepbeleid 'n hersieningsproses deurgemaak, wat die volgende ingesluit het. Ten eerste het 'n kollegiale hersieningspaneel wat uit nege deskundiges bestaan het, kommentaar gelewer vanuit 'n wetenskaplike oogpunt. Ten tweede het provinsiale departemente en verkose nasionale departemente tegniese insette gelewer. Ten derde is die Kaapse Metropolitaanse Raad en MPRs, asook distriksrade en plaaslike owerhede, vir bykomende kommentaar genader.

Die beleid is sedertdien dienooreenkomstig gewysig en sal binnekort aan die provinsiale Kabinet voorgel word om goedkeuring te vra dat die konsepbeleid as 'n Groenskrif vir openbare kommentaar gepubliseer kan word. Op grond van die kommentaar wat ontvang word, sal die beleid, waar nodig, hersien word voordat dit aan die Kabinet en die staande komitee voorgel word vir bekragtiging, waarna dit as amptelike provinsiale beleid uitgevaardig sal word.

Die volgende deel van my toespraak gaan oor die uitbou van kapasiteit in plaaslike regering ten opsigte van gentegreerde ontwikkelingsbeplanning.

Verduidelikende handleidings oor die doel met en voorbereiding van gentegreerde ontwikkelingsraamwerke is voltooi en onder plaaslike owerhede regdeur die provinsie versprei, en personeel van die Direktoraat: Streekbeplanning het plaaslike owerheidsgebiede gereeld besoek, waar hulle gemeenskapsvergaderings bygewoon het om die belangrikheid van gentegreerde ontwikkelingsbeplanning en die rol van die burgerlike samelewing in die opstel van sodanige planne te verduidelik.

In die huidige boekjaar is 'n bedrag van R3,2 miljoen aan plaaslike owerhede oorbetaal om hulle te help met die ontwikkeling van die nodige kapasiteit vir gentegreerde ontwikkelingsbeplanning, en 'n verdere bedrag van R1,1 miljoen sal binnekort beskikbaar gestel word. 'n Voorwaardelike nasionale toelae ten bedrae van R1,76 miljoen is aan die Wes-Kaap toegeken om munisipaliteite te help met die opstel van hul GOPs in die huidige begrotingsjaar. Hierdie toewysing is egter aan sekere voorwaardes onderworpe, wat kan lei daartoe dat die bedrag eers aanvullend tot volgende jaar se toekenning van 'n voorwaardelike toelae beskikbaar kan raak.

Daar is 'n ernstige behoefte aan hierdie bystand, en 'n toename in die bedrag word dus verwelkom sodat plaaslike owerhede ondersteun kan word in hierdie kernbelangrike uitvoerende plig.

In die komende boekjaar sal ons voortgaan om die GOP-proses te bevorder en te moniteer en om die GORe wat reeds voltooi en aan die departement voorgel is, te evalueer.

In die lig van onlangse wetgewende en beleidsontwikkelings in sowel die nasionale as provinsiale sfeer sal dit nodig wees om die rol en funksie van die Provinsiale Regering in die GOP-proses te heroorweeg. Voortspruitend hieruit kan amendemente nodig wees aan sowel konsepwetgewing, soos die Wetsontwerp op Munisipale Stelsels en die Groenskrif oor Beplanning, as aan die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling van 1999.

Die volgende uitdaging wat ek wil bespreek, is hoe om openbare deelname, veral deur die meer gemarginaliseerde gemeenskappe, aan beplanningsprosesse te verseker.

In hierdie stadium wil ek die Provinsiale Ontwikkelingsraad bedank vir die uitmuntende werk wat hulle in 'n onseker klimaat van konstitusionele verandering en die herstrukturering van plaaslike regering verrig. Die sleutelwerksaamhede van die POR is om konsensus onder rolspelers in die burgerlike samelewing oor ontwikkelingsake te bereik ten einde besluitneming oor die implementering van ontwikkelings te benvloed. Die raad het veral 'n belangrike rol om te vervul deur die burgerlike samelewing betrokke te maak by die proses om die Provinsiale Strategiese Plan te ontwikkel en te finaliseer, en ek sal binnekort na hierdie inisiatief terugkeer.

Ons moet egter begryp dat daar vanwe die Provinsiale Regering se nuwe verbintenis tot 'n meer gefokusde, leweringsgerigte en finansieel doeltreffende stel oogmerke, soos verwoord in die nege strategiese beleidsoogmerke wat die Kabinet verlede jaar aanvaar het, 'n behoefte bestaan om die rolle en funksies van alle provinsiale instellings te hersien.

Afgesien van die Provinsiale Ontwikkelingsraad is daar verskeie statutre liggame wat op die een of ander wyse bydra tot die bre ontwikkelingsrigting wat die Provinsiale Regering inslaan, of behoort in te slaan. Die feit dat plaaslike regering, as 'n regeringsfeer in eie reg, 'n onafhanklike vennoot in die regering van ons provinsie en ons land geword het en oor die bevoegdheid beskik om oor sy eie sake te besluit, moet ons aanspoor om noukeurig oorweging te skenk aan die mees gepaste en voordelige doel van hierdie statutre liggame.

Die Kabinetskomitee wat belas is met toesig oor hierdie statutre liggame is van mening dat hierdie hersiening nou dringend geraak het. As ons die huidige werksaamhede van die POR, Wesgro, die Provinsiale Toerismeraad en ander liggame oorweeg, moet ons onsself afvra of daar 'n beweegrede is om sekere van hul funksies te verskuif, hul rolle te herdefinieer of selfs hul strukture saam te voeg in nuwe, meer strategiesgedrewe liggame.

'n Groenskrif oor hierdie aangeleenthede nader tans voltooiing onder toesig van my kollega die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme. Sy Ministerie sal gepaste institusionele relings aanbeveel om hierdie vraagstuk op te los.

Die sesde saak wat ek wil bespreek, is die samestelling en inwerkingstelling van 'n Provinsiale Strategiese Plan om die uitvoering van provinsiale ontwikkelingsoogmerke deur middel van programbestuur te kordineer.

Ingevolge die nasionale Grondwet is provinsiale beplanning 'n uitsluitlik provinsiale funksie, en in die Wes-Kaap word dit toevertrou aan die Direktoraat: Ontwikkelingsbeplanning. Die Direktoraat: Provinsiale Beplanning volg 'n strategiese beplanningsproses waarkragtens departemente hul uitsluitlike bevoegdhede oor hul eie generiese beplanning en uitvoering behou. Provinsiale Beplanning is slegs gemik op die sinkronisasie of versoening van die onderskeie departementele sakeplanne binne die bre oogmerke van die Provinsiale Strategiese Plan, wat voorheen as die Provinsiale Groei- en Ontwikkelingstrategie en later as die Provinsiale Gentegreerde Ontwikkelingsplan bekend gestaan het.

Ten einde insette oor alle sektore heen van departemente te verkry, is 'n Provinsiale Beplanningskomitee met verteenwoordiging van die hoogste moontlike bestuursvlak in die lewe geroep. Die Provinsiale Ontwikkelingsraad word in hierdie komitee en sy onderskeie werkgroepe verteenwoordig om te verseker dat die insette van die burgerlike samelewing in aanmerking geneem word. Die Provinsiale Beplanningskomitee konsentreer op die Kabinetsoogmerke as deel van sy strategiese proses in die formulering van 'n provinsiale visie, doelstelling en oogmerke.
Aspekte van die Provinsiale Strategiese Plan is aan alle plaaslike owerhede in die Weskus, Wynland, Sentraal Karoo, Klein-Karoo, Overberg en Suid-Kaap streke oorgedra, en daar word in die vooruitsig gestel dat ander plaaslike owerhede in die provinsie tydens die komende twee maande by hierdie proses betrokke gemaak sal word. Die doel van hierdie oorlegplegende oefening is om te verseker dat ontwikkelingsbeplanning regdeur die provinsie op so 'n wyse ooreenstem dat die doelwitte en oogmerke wat in sowel die provinsiale as plaaslike sfere nagestreef word, gekordineerd en versoenbaar is.

Terselfdertyd is ons besig met 'n veldtog om die algemene publiek in te lig, en dit het op 7 Februarie vanjaar begin. Dit is ons voorneme dat hierdie proses teen die einde van die jaar regdeur die provinsie afgehandel moet wees. Die doel van hierdie oefening is om te verseker dat die publiek in hul onderskeie plaaslike owerheidsgebiede deelneem aan gentegreerde ontwikkelingsbeplanning.

Die volgende saak is die daarstelling en kordinering van 'n gesonde inligtingstelsel tussen alle provinsiale departemente.

Die departement se Subdirektoraat: Inlingtingsbestuur sal voortgaan om te konsentreer op twee belangrike Kabinetsoogmerke, naamlik, ten eerste, die bemagtiging van plaaslike regering om gentegreerde ontwikkelingsbeplanning te doen en, ten tweede, die opstel en bevordering van 'n doeltreffende provinsiale gentegreerde ontwikkelingsraamwerk.

Die opstel van 'n doeltreffende Provinsiale Strategiese Plan deur die Direktoraat: Provinsiale Beplanning, met die steun van die Ontwikkelingsbeplanningskomitee - 'n proses waarna ek vroer verwys het - sal aangehelp word deur die nuutgestigte Provinsiale Inligtingskomitee.

Die komitee, wat bestaan uit verteenwoordigers van alle provinsiale departemente en in Oktober verlede jaar gestig is, het reeds die behoefte gedentifiseer aan die saamstel van 'n provinsiale inligtingsbeleid om aandag te gee aan die gebruik, verspreiding en verskaffing van inligting tussen en onder alle provinsiale departemente. Die behoefte aan 'n provinsiale inventaris van alle departementele datastelsels en databasisse, met die oog op die kordinering van provinsiale inligting, is ook gedentifiseer en die data word nou in tabelvorm saamgestel. Die tabel word tans bygewerk deur insette van departemente.

Nadat die subdirektoraat die gemeenskapsprofiele databasis van die 1996-sensus van Statistieke SA verkry het, was hy ook betrokke by die ontleding van die sensusdata ten einde die gebiede in die Wes-Kaap te identifiseer waar die registrasie van kiesers vir die komende munisipale verkiesings aandag moet geniet. Sensusinligting en kieserregistrasiesyfers van die onafhanklike verkiesingskommissie is ook aan die konsultante verskaf wat deur die Ministerie van Plaaslike Regering aangestel is om aandag te gee aan die transformasie van plaaslike owerhede buite die metropolitaanse gebied.

Die GIS-komponent van die subdirektoraat gaan voort met bystand aan plaaslike owerhede, inrigtings en departemente met hul metropolitaanse en provinsiewye karteringsbehoeftes. Versoeke word daagliks ontvang en die subdirektoraat vervul derhalwe 'n sleutel- en dwarsleggende rol binne die Administrasie en daar buite.

Die subdirektoraat het ook skool-, kliniek- en hospitaalbywoningsyfers bekom, veral ten opsigte van mense buite die Provinsie Wes-Kaap wat van hierdie dienste gebruik maak. Om behulpsaam te wees met die insameling van hierdie inligting is 'n konsultant aangestel om ondersoek te doen na die migrasie van mense na die Wes-Kaap. Die verslag oor huidige migrasie-inligting en voorstelle oor verdere inligtingsbehoeftes en die monitering van neigings behoort binne die volgende paar maande beskikbaar te wees. Ek is seker dat dit baie interessante leesstof sal wees. [Tussenwerpsels.] Die uitslag van hierdie studie sal 'n belangrike rol vervul in die toekomstige toekenning van skaars hulpbronne.

Ek moet daarop wys dat die subdirektoraat se vermo om sy inligtingsfunksie uit te voer en te bestuur steeds belemmer word deur die tekort aan geskoolde menslike hulpbronne en beperkte fondse. Ek sal dit met die Minister van Finansies moet opneem! Alle vakante poste, wat 40% van die diensstaat uitmaak, sal in die loop van hierdie maand geadverteer word.

Ten slotte is daar twee verdere aangeleenthede wat ek onder die aandag van hierdie Parlement wil bring. Die eerste een hou verband met die afhandeling van hierdie Regering se beleid oor die vestiging van plaaswerkers.

Vanwe die onsekerheid wat in die Wes-Kaapse boerderygemeenskap bestaan het oor die onderverdeling van plaasgrond om voorsiening te maak vir die langtermynvestiging van plaaswerkers is konsultante aan die einde van 1996 aangestel om 'n beleid oor hierdie aangeleentheid op te stel. Die taak is verrig onder toesig van die departement en bestuur deur 'n taakspan bestaande uit provinsiale en nasionale departemente, georganiseerde landbou, distriksrade, plaaswerkersverenigings en vakbonde.

Die proses het breedvoerige openbare deelname en noue skakeling met die Departement van Grondsake ingesluit, om te verseker dat die beleid voldoen aan die bepalings van die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg van 1997.

Die projek het noukeurige ondersoeke van die vereistes van sowel plaaseienaars as plaaswerkers ten opsigte van hul spesifieke voorkeure oor vestiging, hetsy op plase of weg daarvan, behels. Dit is gedoen terwyl rekening gehou is met die noodsaaklikheid om die integriteit van die landbouhulpbron, wat die basis van indiensneming vir meer as 200 000 mense in hierdie provinsie uitmaak, te behou.

Die beleid sal dien as 'n riglyn vir distriks- en plaaslike munisipaliteite, boere en plaaswerkers oor hoe om met die vestiging van plaaswerkers te werk te gaan, aangesien die dokument in besonderhede verwys na alle aspekte wat oorweeg moet word in die suksesvolle loodsing van 'n lewensvatbare nedersettingsprojek.

Laastens wil ek hierdie Parlement inlig oor 'n besluit wat ek en die Kabinetskomitee oor die omstrede Dassenberg-ontwikkeling in Noordhoek geneem het. Nadat ons lang regsmenings van senior regsgeleerdes ontvang het en met die betrokke partye oorleg gepleeg het, het dit vir my duidelik geraak dat die oorspronklike besluite om daardie eiendom te hersoneer nie gestrook het met onlangse ontwikkeling op hierdie terrein van die reg nie, en dat daar dus gronde is vir die hersiening en tersydestelling van die besluit wat die aansoek om hersonering goedgekeur het.

Ek het gevolglik besluit om te berus by die regsadvies wat ons verkry het en die Horhof met 'n formele hersieningsaansoek te nader om die goedkeuring nietig te verklaar. Die doel van die aansoek in die Horhof is om die besluite ter syde gestel te kry ten einde my toe te laat om te voldoen aan die regsvereistes om die aansoek te evalueer. My besluit word gerig deur sekere tegniese onrelmatighede wat tydens die finale stadiums van die evaluering plaasgevind het en dit stel nie - ek herhaal nie - die bestuur van die hele aansoek in 'n swak lig nie.

Ek is nou vir 'n tydperk van sowat sewe maande die politieke hoof van Ontwikkelingsbeplanning. Dit is vir my sowel boeiend as opwindend, en ek is daartoe verbind om te verseker dat die portefeulje in die belang van die hele bevolking van hierdie provinsie bestuur word. Ek erken egter dat daar agter elke Minister 'n sterk groep lojale amptenare staan, en daarom bedank ek die Departementshoof, John Africa, vir sy gewaardeerde leierskap en leiding. Ek wil spesifiek 'n ruiker oorhandig aan my beplanningspan, met Rudi Ellis aan die spits. Hulle is 'n hoogs professionele groep beplanners, en hierdie Provinsie is inderdaad gelukkig om oor 'n toegewyde span van hierdie gehalte te beskik. Ek bedank hulle.

Mnr A ISMAIL: Me die Voorsitter, dit is seker die aangewese tyd om die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning te bedank, aangesien dit sy laaste Begrotingspos is wat ons vandag bespreek, en dus die laaste geleentheid is wat ek dit kan doen. Ek wil hom bedank vir die manier waarop hy die Finansiesportefeulje bestuur. Ek wil sy amptenare en die lede van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe bedank dat ons hierdie geskiedkundige geleentheid kon skep, waar daar vir die eerste maal in die geskiedenis van Suid-Afrika se parlemente 'n begroting deurgevoer word, sonder dat enige party dit teenstaan. Dit is verblydend. Dit is vir my 'n riem onder die hart, en die bewys dat die Provinsie Wes-Kaap goeie leiers het, dat ons 'n Kabinet het wat na-aan die belange van al die partye en die bevolking van die Wes-Kaap beweeg. Ek as voorsitter van die staande komitee waardeer dit. Ek bedank weer eens die lede van die staande komitee wat lang dae en baie nagte in die komiteekamer deurgebring het.

*Me die Voorsitter, die oogmerk van die Departement van Ontwikkelingsbeplanning is basies om ontwikkelingsbeplanning in die provinsiale en plaaslike regeringsfere te ondersteun, moniteer en reguleer. Die departement doen dit hoofsaaklik kragtens die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling, 1999 (Wet 7 van 1999).

Die belangrikste is dat die inwerkingstelling en uitvoering van beleid ten opsigte van grondhervorming en die verwerking van applle aan die departement toevertrou word. Waarvan ons nie seker is nie, is of sodanige grondhervorming ingestel sal word kragtens die Witskrif oor Grondhervorming van die nasionale Departement van Grondsake en of grondhervorming ook kon geskied kragtens 'n eie Wes-Kaapse beleid. Hierdie argument word verder gesteun deur 'n grondwetlike bepaling in Deel A van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, waarkragtens provinsiale beplanning 'n Bylae 5-funksie is. Ek wil weet hoe ons provinsiale beplanning kan doen sonder grond.

Me die Voorsitter, die Wes-Kaap het ernstige grondhervorming nodig, veral om bruin en swart mense in landelike gebiede te bemagtig, maar ook om die uitwerking van ongeveer 35 jaar van maatskaplike manipulasie deur middel van die Wet op Groepsgebiede van 1960 om te keer.

*Me T ESSOP: Meer as 35?
*Mnr A ISMAIL: As dit die agb lid me Essop gelukkig sal maak, kan sy dit 'n halwe eeu maak. Dit was in elk geval lank voor haar tyd - ek skat sy is omtrent 21 jaar oud.

Me die Voorsitter, toe apartheid in sy fleur was, is gemeenskapsontwikkeling en -beplanning gebruik om die oogmerk van rasseskeiding te bevorder. Hierdie departement het 'n monster geword en sy voelers het hulself tot in elke sfeer van ons lewens ingewurm. Baie historiese navorsing is gedoen oor die omvang en aard van onteiening van anderskleurige boere van hul grond. 'n Konstante beeld van wreedheid en onsensitiwiteit kom na vore. Kragtens die rassediskriminerende wette van die land is hoofsaaklik swart en bruin mense hul grondregte ontneem.

Ons sit met 'n unieke situasie omdat ons nooit plaaslike regering spesialiste was nie, en ek sal na hierdie feit terugkeer. Ek wil 'n vraag stel, en ek wil dit op 'n baie subtiele wyse stel. Waarom is Ontwikkelingsbeplanning saam met die Departement van Finansies? Ek glo dit moet teruggaan na die Departement van Plaaslike Regering, maar ek sal daarby uitkom.

Me die Voorsitter, ons het 'n unieke situasie in die Wes-Kaap ten opsigte van sendingnedersettings, soos Genadendal, Friemersheim, Elim, Wittewater, Wuppertal en Mamre. Die Wes-Kaap kan hierdie landelike gebiede nie doeltreffend bestuur nie en hulle ook nie transformeer terwyl die bevoegdhede in die nasionale Minister vestig nie.

Die Wet op Landelike Gebiede (Raad van Verteenwoordigers), 1987 (Wet 9 van 1987), is deur die Wet op Transformasie van Sekere Landelike Gebiede, 1998 (Wet 94 van 1998), herroep en vervang. Dit word deur die nasionale Minister van Landbou en Grondsake geadministreer. 'n Objektiewe ontleding van die Departement van Ontwikkelingsbeplanning sou die vraag ontstaan of hierdie departement nie beter sou funksioneer onder die Departement van Plaaslike Regering nie, soos ek vroer ges het, waaronder hy vroer geressorteer het nie.

As agb lede na Program 3: Ontwikkelingsbeplanning in die goudkleurige boek kyk, sal hulle sien dat die begrotingstoewysing aan hierdie departement R29,594 miljoen bedra. Die toewysing onder Program 4: Plaaslike Regeringsdienste is R13 miljoen, waarvan R9 miljoen personeeluitgawes is. Kan ons 'n departement bekostig wat basies oor R4 miljoen beskik om sy funksies in 'n boekjaar te verrig? Moet die Departemente van Plaaslike Regering en van Ontwikkelingsbeplanning nie saamgevoeg word nie?

Me die Voorsitter, met die instelling van die unistad sal alle substrukture hul eie strukturele planne moet hersien. Daar is ses verskillende soorte strukturele planne. Ons sal binnekort die unistad h. Ek glo dat die persoon wat die beste geskik is om dit te administreer, die agb Minister van Plaaslike Regering is. As dit die geval is, moet ons 'n gekombineerde strukturele plan vir die unistad h.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Is u besig om my te ontslaan? Ek wil weet.

*Mnr A ISMAIL: Nee, ek dink dit stem heeltemal ooreen met wat die NP-konsep van streekdiensterade was waar ons heffings op die meer welgestelde gebiede geplaas het om voorsiening te maak vir die gebiede waar die voorheen benadeelde individue gewoon het, om hul standaarde te verhoog, om op te hef, om beter paaie te bou en die infrastruktuur te verbeter. Dit is grotendeels dieselfde konsep. Ek dink daarom nie dat dit in beginsel 'n sprong weg daarvan verteenwoordig nie.

Me die Voorsitter, die opbreek van gemeenskappe in landelike en stedelike gebiede in die Wes-Kaap moet nooit weer geskied nie. Ons sal die integrasieproses van die onderskeie gemeenskappe op die oomblik en in die toekoms noukeurig dophou. Opname-inligting, wat gereeld gemoniteer word as deel van 'n voortgesette proses wat deur hierdie Provinsie en plaaslike regering uitgevoer word, moet as 'n rigtinggewende opdrag dien om belegging in diensverskaffing te prioritiseer.

In die verlede het beplanning in isolasie gelei tot die feit dat 4,5% van die Wes-Kaapse inwoners tans sonder voldoende water en 7,9% sonder toereikende riolering is. Ek sou nimmereindigend op hierdie trant kon voortgaan. Daar is vir ons afsonderlike begraafplase beplan. Tot ses jaar gelede wou party gesinne die begraafplase van hul oupagrootjies besoek en is hulle verbied om dit te doen. Ons moet nooit weer toelaat dat hierdie soort beplanning in Suid-Afrika geskied nie.

Na 1994 het nuwe wette, soos die Tweede Wysigingswet op die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1996 (Wet 97 van 1996), op die Wetboek verskyn, wat munisipaliteite verplig het om verskeie maatrels in te stel om doeltreffende dienslewering, behoorlike beplanning en begroting, gesonde finansile bestuur, rekenpligtigheid teenoor die plaaslike kieserskorps en die monitering van prestasie in te stel.

Ek wil na artikel 10G(1) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering verwys, wat veral toepaslik is. Dit bepaal dat elke munisipaliteit moet, en ek haal aan:

(g)	doen jaarliks verslag aan en ontvang kommentaar van sy gemeenskap betreffende die doelstellings in sy gentegreerde ontwikkelingsplan vervat.

Dit bepaal ook, en ek haal aan:

(f)	kontroleer en beoordeel gereeld sy werkprestasie teen sy gentegreerde ontwikkelingsplan; ...

Me die Voorsitter, hoewel breedvoerige riglyne deur 'n departement van hierdie Regering vir die munisipaliteite opgestel is, het niks buitengewoons ten opsigte van ekonomiese integrasie geskied nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ten eerste wil ek die amptenare van die departement bedank - mnr Africa, mnr Ellis, mnr Rabie en ander - vir die tyd en moeite wat hulle bestee het aan die voorleggings wat hulle ten opsigte van hierdie Begroting aan die staande komitee gemaak het. Om die waarheid te s, ek het in een stadium nogal jammer vir hulle gevoel. Hulle het 'n baie insiggewende boekie gepubliseer, maar is nie eens deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning 'n kans gegee om dit aan te bied nie. Ek wil hulle egter daarvan verseker dat ons inderdaad die tyd ingeruim het om dit te lees en ons waardeer wel die moeite wat hulle gedoen het.

Ek wil ook, en dit is ongewoon, die agb Minister bedank, want hoewel ons oor baie sake verskil, is daar nie baie vervelige tye wanneer hy in die omgewing is nie en daar is terreine waarop hy nogal baie goeie werk verrig het. [Tussenwerpsels.] Dit is egter nie my werk om sy sterk punte aan te prys nie en ek moet dus na sy swakhede oorgaan.

Voordat ek dit doen, wil ek kommentaar lewer oor die kwessie van Dassenberg en die besluit wat deur die agb Minister in hierdie verband geneem is. Ten eerste moet ons vir rekorddoeleindes daarop wys dat die oorspronklike besluit om die besluit wat deur die Suid-Skiereiland Munisipaliteit geneem is, ter syde te stel, 'n besluit van die volle Kabinet was. Ons moet in die een of ander stadium 'n verduideliking kry van waarom die Kabinet 'n besluit geneem het wat nie net in die Suid-Skiereiland ongewild was nie, maar tot 'n groot omgewingsramp sou lei.

Die mense van die hele Suid-Skiereiland sal baie verlig wees oor hierdie besluit, want ... [Tussenwerpsels.] My inligting, ter wille van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning - ons weet wie destyds die Minister was, en hy sit daar - is dat die besluit na die Kabinet gegaan het ... [Tussenwerpsels.] Die oorspronklike besluit om tot niet te maak wat plaaslike regering besluit het, was 'n baie swak besluit, want plaaslike regering weet wat in die praktyk aan die gang is.

Wat my bekommerd maak, is die lang tyd wat dit die agb Minister geneem het om hierdie besluit te neem. Daardie vertraging het tot groot onsekerheid en ongelukkigheid onder mense in die Vishoekvallei-gebied gelei, maar ek is seker dat hulle vandag baie bly sal wees om te verneem dat die Kabinet uiteindelik tot hul sinne gekom het en dat die agb Minister daardie besluit ter syde gestel het.

Toe ek weer gelees het wat die agb Minister in sy 100-dae toespraak verlede jaar ges het, het die feit my opgeval dat daar nog nie voldoen is aan die meeste van die spertye wat hy in daardie toespraak vir homself gestel het nie. Hierdie departement is in baie opsigte baie onrealisties ten opsigte van die spertye wat hy vir homself stel. Baie daarvan klink dalk goed in toesprake as 'n Minister hierheen kom, maar wanneer dit by die werklike praktyk en werklikheid van instelling van daardie prosesse kom, is hulle dikwels, soos ek ges het, onrealisties.

Ek wil party hiervan uitwys; ten eerste die kwessie van die kusbeleid. Die agb Minister het vandag lank hieroor gepraat. Natuurlik hou dit verband met die slagspreuk wat hy verlede jaar ontwerp het, wat aan ons ges het dat die omgewing eerste moet kom, die omgewing moet tweede kom en die omgewing moet derde kom. [Tussenwerpsels.] In September verlede jaar het hy ges, en ek haal aan:

It is my intention that this document be submitted to Cabinet for approval in principle by the end of this year ... -

met ander woorde, die einde van 1999 -

... and immediately thereafter be made available for public comment and input.

Ek hoop dat die agb Minister Hansard nie hierdie keer gaan weerspreek nie. Die beleid het egter eers verlede week na 'n Kabinetskomitee - nie eens die volle Kabinet nie - gegaan, en dit moet nog vir openbare kommentaar gepubliseer word. Dit is slegs die eerste vertraging.

Die tweede een, en ek dink die agb Minister moet dit baie ernstig opneem, is die kwessie van die metropolitaanse ruimtelike ontwikkelingsraamwerk. Nadat daar deur 'n openbare deelnemingsproses en deur oorlegpleging met al die plaaslike owerhede in die Metropool gegaan is, is hierdie raamwerk in April 1996 gepubliseer. Vier jaar later is daar nog geen aanduiding van wanneer hierdie raamwerk goedgekeur gaan word nie. Ons moet weet dat bykans 75% van die bevolking van hierdie provinsie in die metropolitaanse gebied van Kaapstad woon, en tans word besluite oor beplanning op 'n ad hoc-wyse deur 'n gefragmenteerde stelsel van plaaslike regering geneem, sonder enige inagneming van 'n oorhoofse gentegreerde beplanningsraamwerk vir die provinsie. Dit lei, soos ek ges het, daartoe dat baie ad hoc-besluite geneem word.

Ek is bly dat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme ons vandag met sy teenwoordigheid vereer het. Ek hoop dat hy nie van plan is om weg te gaan nie. [Tussenwerpsels.] Ek het gehoor dat vier agb Ministers hulself mre sal toelaat tot - jammer, my fout, hulle sal 'n besoek afl by - Valkenberg. [Tussenwerpsels.] Ek wil hulle daarop wys dat ons 'n ogie hou oor die proses van wat hulle met die grond by Valkenberg doen.

'n AGB LID: Hoe sal hulle weet ... [Tussenwerpsels.]

Mnr M OZINSKY: Ek is seker dat dit mre op TV aangekondig sal word. [Tussenwerpsels.]

Die vraag van wat met hierdie grond gebeur, is van die uiterste belang vir hierdie stad. Die grond l reg in die hart van die metropolitaanse gebied, langs een van die hooftoegangsroetes na die stadsentrum, en dit is baie strategies langs hoofvervoerroetes gele. [Tussenwerpsels.] In die afwesigheid van die metropolitaanse ruimtelike ontwikkelingsraamwerk kom ons voor die gevaar te staan dat ad hoc-besluite mre deur daardie vier inwoners geneem gaan word, en daardie besluite sal 'n langtermynuitwerking op die ontwikkeling van die metropolitaanse gebied h. [Tussenwerpsels.]

Ons weet dat dit die voorneme van die Provinsie is om hierdie grond te verkoop, maar ons hoop dat hulle dit nie sal doen sonder om oorweging te skenk aan die standpunte van die organisasies en mense wat deelgeneem het aan 'n lang proses om te besluit wat die beste gebruik van daardie grond sou wees nie.

Ek wil dit baie duidelik stel dat ons weet dat daar agb lede van hierdie Huis is, met inbegrip van voormalige lede van die Kabinet, wat 'n belang by daardie grond het. Ons hoop dat die proses wat gevolg sal word, nie een sal wees wat in 'n inrigting vir sielsiekes hoort nie, maar een wat aandag sal gee aan die behoorlike beplanningsvereistes van hierdie provinsie en van die metropolitaanse gebied. Ek wil weer beklemtoon dat die gevaar bestaan, in die afwesigheid van 'n metropolitaanse ruimtelike ontwikkelingsraamwerk, dat daardie grond vir die verkeerde doel in die verkeerde hande kan beland.

Mnr die Voorsitter, die derde kwessie wat vertraag is, is die verstedelikingsbeleid. In September is aan ons ges dat die konsep voltooi is. Soos die agb Minister ges het, tot op hede het ons nog steeds nie daardie beleid nie. Soos ek verlede jaar ges het, was die bedoeling dat dit binnekort aan die Kabinet voorgel en as 'n Groenskrif gepubliseer sou word. Vandag, sewe maande later, hoor ons dieselfde storie. Die vierde vertraging is die een rakende die regulasies vir die Wet op Beplanning en Ontwikkeling. Dit is waar dat dit verlede jaar gepubliseer is. Dit is waar dat kommentaar ontvang is. Dit is waar dat hulle by die staande komitee was. Die finale regulasies is egter nog steeds nie gepubliseer nie. Gevolglik is die agb Minister se goeie voornemens verlede jaar om hierdie proses te bespoedig, baie erg vertraag.

Wat verband hou daarmee is die vyfde vertraging, wat die instelling van die Hersieningsraad op Beplanning is. Die departement het geadverteer vir benoemings in hierdie verband, maar die benoemings wat ontvang is, was nie van so 'n aard dat, soos die agb Minister vandag ges het, hy hulle kon goedkeur nie, en hulle is dus gedwing om weer te adverteer vir benoemings. Dit beteken dat die agb Minister se aanspraak verlede jaar dat hierdie raad teen April ingestel sou wees, of dat die regulasies teen April daargestel sou wees, nie verwesenlik is nie.

Een van die redes waarom al hierdie prosesse vertraag word, is dat die departement, onder leiding van die agb Minister, nie deeglik is in die wyse waarop hulle hierdie prosesse vorentoe neem en die wyse waarop hulle dit beplan nie. Dit is duidelik dat een van die redes hiervoor ...

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr P C McKenzie): Orde! Die agb lid moet nou by sy slotsin kom.

*Mnr M OZINSKY: ... is dat daar nie voldoende ondervinding in die hantering van openbare deelname in hierdie proses is nie.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Voorsitter, dit verskaf aan my groot plesier om vandag namens my kollega die agb lid mnr Silke, wat weens onvoorsiene omstandighede nie vandag hier kan wees nie, tot hierdie debat toe te tree.

Ten eerste wil ek graag die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en sy departement bedank, nie net vir die omvattende Begroting wat vandag en in SKOF aan ons voorgehou is nie - en nou die aand in die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe - maar ook vir die voorleggingsdokument wat sy departement vir ons voorberei het. Aangesien dit die eerste maal is dat ek aan 'n debat oor beplanning deelneem, was die dokument vir my uiters nuttig. Ek wonder wat dr Stegmann hiervan dink, want hy het aan ons ges dat ons nie met die Witboek moet werk nie, maar met die goudkleurige boek en die agb Minister kom en gee aan ons wat ek 'n "pink book" sou noem! Die voorleggingsdokument was vir my baie nuttig en ek wil graag weer die agb Minister bedank.

Een van die beplanningsinisiatiewe wat deur die agb Minister genoem is, was die instelling en bevordering van biostreekbeplanning regdeur die provinsie. Dit strook met sy meetbare sleuteloogmerk nommer een, naamlik die herprioritisering van doelwitte met die oog op groter omgewingsbewustheid. Die agb Minister het melding gemaak van Kogelberg Natuurreservaat. Ter wille van die agb lede wat dit nie weet nie, 'n biosfeerreservaat is 'n spesifieke soort bewaringsgebied wat sowel die omgewing en die gemeenskappe wat in en om dit woon, akkommodeer en tot voordeel strek.

Die reservaat word deur drie dele of sones opgemaak. Die eerste is die kern of ekologies mees sensitiewe en natuurlike omgewing waar bewaring 'n prioriteit is. Die tweede is die bufferstrook wat ekologies minder sensitief is, maar hoofsaaklik natuurlik en waar ontspanning soos kampering, fietsry en bootvaarte toegelaat word. Dit is ook 'n gebied waar sekere volhoubare benuttingsmetodes van die natuurlike hulpbron geakkommodeer kan word, soos die pluk van veldblomme of visvang. Die derde gebied staan bekend as die oorgangsone wat ekologies die mins sensitiewe gebied is en waar 'n groot verskeidenheid grondgebruike voorkom, soos boerdery, kommersile plantasies en dorpe.

Al hierdie sones is onderling afhanklik en word bestuur en beskerm in ooreenstemming met die sone definisies waarna ek verwys het. Hierdie biosfere, soos die agb Minister ges het, is geregistreer by die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie (UNESCO). Dit gee aan hulle internasionale erkenning en status, en hierdie biosfeerreservate word bestuur deur 'n span wat die plaaslike gemeenskappe, landbou, sakelui, natuurbewaring en plaaslike owerhede verteenwoordig. Kogelberg Biosfeer, wat die eerste van sy soort in die land is, is 'n stap in die regte rigting.

Die beplanning van hierdie sfere beteken dat die provinsiale Beplanningsdepartement baie nou moet saamwerk met Natuurbewaring, die nasionale Regering en plaaslike regering en dat daar goeie beplanningswisselwerking en skakeling, en goeie beplanningsbeginsels, moet wees. Die belangrikste aspek van hierdie soort beplanning is dat bewaring dan volhoubaar raak.

Mnr die Voorsitter, ek wil graag verder my volle ondersteuning uitspreek vir die nuwe kusgebiedbeleid van die agb Minister wat ook ooreenstem met bewaring en wat vir my baie belangrik is.

Dit is vir my aangenaam om te sien dat die pienk boek ook 'n lys bevat van toewysings vir oordragbetalings aan plaaslike regerings, veral vir biosfeerbeplanning. Dit is byvoorbeeld Sederberg, die Weskus Distriksraadsgebiede van die Knersvlakte, Sandveld en Swartland, die Brerivierwynland, die Overberg, Klein Karoo Distriksrade en, natuurlik, laaste maar hoegenaamd nie die minste nie, die Suid-Kaap-gebied.

Terwyl ek deur die oordragbetalings in die pienk boek gegaan het, het ek byvoorbeeld gemerk dat die Suid-Kaap betaling toegewys is aan Belvedere Landgoed, Brenton, Noetzie, Sedgefield, Outeniqua SOR, die Distriksraad en Knysna Munisipaliteit. Dit laat die vraag ontstaan of die maatstawwe vir die besteding van hierdie toewysings sal verander as die agb Minister van Plaaslike Regering wetlike beslag aan die nuwe afbakenings gee, want al hierdie voormelde gebiede ressorteer onder die Knysna Munisipaliteit. Ek sou verder graag aan die agb Minister wil vra of die gentegreerde ontwikkelingsraamwerke en planne ontoereikend gemaak sou word en of die nuwe munisipaliteit van nuuts af met die proses sou moes begin.

Mnr die Voorsitter, ek het voorts kennis geneem van oordragbetalings wat aan die Knysna Westelike Koppe en Omgewings- Plaaslike Struktuurplan vir die omgewing toegewys is. Ek wonder of die fondse wat beskikbaar gestel is vir die voltooiing van hierdie plan nie verkwis sal word nie, want die gebied waaroor die plan gaan, sal ook deel van die nuwe groter Knysna Munisipaliteit uitmaak. Miskien moet die fondse gekanaliseer word na 'n nuwe plan vir die hele nuwe munisipale gebied.

Terwyl ek by die onderwerp van struktuurplanne of gidsplanne is, wil ek graag van die agb Minister en sy departement weet aan hoeveel planne daar gewerk word en hoeveel voltooi is, maar finale goedkeuring afwag. Ek glo dat hierdie planne kernbelangrik is sodat die oorhoofse beplanningsproses regverdig en billik kan word, en dat dit lyk asof die vertraging ontelbare probleme vir plaaslike owerhede veroorsaak.

Mnr die Voorsitter, ek wil graag terugkeer na die Suid-Kaap. Verskeie grondeienaars verkeer in die duister oor hul regte op hul eie grond, en elke keer as hulle by hul plaaslike beplanningsbeampte navraag doen, is die antwoord: "Wag net vir die nuwe struktuurplan", "Wag net vir die nuwe afbakening". Dit lei dan tot die onwettige oprigting van tweede huise of strukture en dit word dan aan die plaaslike owerheid oorgelaat om f die onwettige struktuur te sloop of onwillig toestemming te verleen en die aansoek agterna goed te keur. Daar moet afdwingbare strafmaatrels in hierdie opsig wees en die boodskap moet aan die publiek oorgedra word.

Mnr die Voorsitter, net meer as 'n jaar gelede was ek deel van 'n raadsbesluit nadat 'n opdrag van hierdie Provinsie ontvang is om 'n huis te sloop. Ons het die nodige hofbevel verkry en aan 'n maatskappy opdrag gegee om die sloping uit te voer. Toe die bestuurder van die stootskraper die huis genader het om dit te sloop, het hy geweier om 'n heeltemal goeie huis plat te stoot. Dit is waar dit geindig het. Die struktuur staan nog steeds en die beplanningsdepartement, na baie regstwiste, het uiteindelik die sonering verander om die gebou goed te keur en dit te wettig. Dit gebeur keer op keer. Dit het tyd geraak dat 'n afdwingbare stelsel van strafmaatrels ingestel word.

Mnr die Voorsitter, ek gee hiermee kennis van my volle ondersteuning vir hierdie Begroting.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Voorsitter, ek neem graag deel aan hierdie debat en nadat ek gehoor het hoe die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning met sy hartstog vir hierdie departement gepraat het oor hoe tegnies dit is, wil ek hom gelukwens met sy Begrotingsrede vandag. Ek wens ook al die amptenare van die departement - John Africa, Errol Myburgh, Rudi Ellis, Chris Rabie, Leon Fouch en Dawie Kruger geluk. Hulle is mense van uitstekende gehalte en hulle het ons ondersteuning tydens 'n baie moeilike en tegniese proses nodig.

Mnr die Voorsitter, daar is baie min tyd aan my toegeken. Ongelukkig het die ACDP as minderheidsparty slegs vyf minute waarin ek kan praat oor 'n departement waaraan ek baie graag baie meer tyd sou wou bestee. Ek kan nie anders as om aandag te gee aan die Dassenberg-kwessie nie, maar miskien sal ek ook tyd h om oor ander sake te praat. Ek wil net graag aansluit by wat die agb lid mnr Ozinsky ges het deur aan hom te s dat dit beslis nie 'n volle Kabinetsbesluit was nie. Miskien kan daardie feite net nagegaan word.

Mnr die Voorsitter, ek ondersteun dit dat die Regering sy eie optrede in heroorweging neem, as die agb Minister en die departement glo dat dit weens tegniese onrelmatighede en ook, belangriker, in die belang van goeie regering is. Dit ly geen twyfel nie dat ons moet toesien dat ons ons eie optrede in die belang van goeie regering in heroorweging neem. Ek wil die agb Minister ook bedank dat hy my ingelig het oor wat aan die gang is. Ek lig regtig my hoed vir hom daar.

Ek wil graag vandag aan die Huis s dat daar by my geen twyfel is nie dat ek wel deeglik nagedink het oor die feite van die saak toe ek hierdie aansoek oorweeg het. As onlangse ontwikkelings op regsgebied daarop dui dat so 'n besluit nie strook met die feite nie, glo ek dat dit reg is dat die aansoeker sodanige aansoek rig om die tegniese onrelmatighede reg te stel. Daar is niks hiermee verkeerd nie, en onlangse hofsake bewys dit. Mnr die Voorsitter, met respek, omdat hierdie saak sub judice is, kan ek nie oor die verdienstelikheid daarvan praat nie. As onlangse wetgewing egter aan die lig bring dat ons die situasie met die oog op tegniese onrelmatighede moet hersien, glo ek dat dit slegs reg is, en ek sal dit altyd ondersteun.

Mnr die Voorsitter, Dassenberg leer ons almal 'n paar lesse. Die eerste les wat dit ons leer, is dat ontwikkelingsbeplanning hoogs tegnies en ingewikkeld is. Ek sou graag aan die agb Minister wou s dat indien hierdie proses en die nuwe regulasies met ingang van 1 April 2000 aan plaaslike regering en plaaslike hersieningsrade afgewentel word, dit geen twyfel ly nie dat die betrokke mense opgelei sal moet word - nie net opgelei rakende die regulasies en die verskillende wetgewing op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke nie, maar ook wetgewing oor stadsbeplanning, omgewingsake, wegdoenbare afval en so meer. Wat die departement miskien kan doen, is om 'n handleiding op te stel om die mense te onderrig rakende wetgewing en die uitsprake te verskaf wat hul besluite kan benvloed.

Mnr die Voorsitter, Dassenberg is belangrik as 'n grondslag en 'n bron van inligting vir alle mense in die Hersieningsraad. Die tweede les wat ek dus daaruit geleer het, is dat ons politiekery uit die werk van die Hersieningsraad moet hou. Ek is trots daarop dat ek vandag in hierdie Huis kan staan en s dat indien ek 'n politieke besluit oor Dassenberg moes geneem het, ek dalk nie dieselfde besluit sou geneem het nie.

Dit is interessant dat die agb lid van die ANC ges het dat die inwoners van Vishoek bly sou wees oor hierdie besluit. In die Suid-Skiereiland raad wat die Dassenberg-aansoek oorweeg het, was die stemming 4:3. Die drie lede wat ten gunste van die aansoek gestem het, was die drie ANC-lede. Ons moet begryp dat dit nie oor politiekery gaan nie. Dit gaan oor goeie ontwikkeling. Dit is waarom ek glo dat indien die hersieningsrade na hierdie aansoeke gaan kyk, politiekery uit moet wees.

Selfs vandag het my politieke party my gevra waarom ek daardie besluit geneem het. Ek kan snags rustig die lig afskakel, want ek het na die feite gekyk en ek glo dat dit die regte besluit was, selfs al kon dit teen die politieke besluit van my eie party gewees het.

Ten derde is daar die belangrike volhoubare balans tussen ontwikkeling en omgewing. Ek wil graag aan die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning s dat ek werklik begryp waar dit vandaan kom, maar dit is so maklik om op te staan en te s, "Omgewing, omgewing, omgewing!" Die agb Minister weet dat dit in die praktyk nie so maklik is soos dit nie. Daar is sekere wettige bewakers van grond wat 'n wettige reg op daardie grond het. Ons moet die boodskap uitgedra kry aan die bevolking van die Wes-Kaap dat waar daar 'n gevestigde belang is, ons op 'n volhoubare wyse na daardie belang sal kyk waar daar 'n balans tussen ontwikkeling en die omgewing is. Ek s nie dat die omgewing nie belangrik is nie.

Waar ek baie van die agb Minister geleer het, is in sy benadering tot oorlegpleging. Dit is iets wat ek wens ek geleer het - miskien het hy wysheid verkry deur jare in die politiek. Ek glo dat oorlegpleging een van die mees kernbelangrike elemente in goeie ontwikkelingsbeplanning is en dat oorlegpleging soveel moontlik rolspelers moet saamneem. Daar is 'n probleem wat ons nog altyd ondervind het en waaroor ons in ontwikkelingsbeplanning geleer het. Die audi alteram partem-rel beteken dat sodra 'n mens een persoon spreek, jy 'n groot klomp rolspelers moet spreek. Die probleem wat ons ondervind en waarvan ek geleer het, is dat tyd geld kos. Ons moet partykeer ontwikkeling aan die gang kry, en as ons met 'n wye spektrum mense moet oorleg pleeg, sal daar altyd 'n vertraging wees. [Tyd verstreke.]

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Voorsitter, ek is baie dankbaar om ook deel van die komitee te wees. Ek wil ook die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en sy amptenare bedank wat so 'n weldeurdagte Begrotingspos hanteer.

Mnr die Voorsitter, ek wil dit egter aan die begin duidelik stel dat ek jammer is dat die agb lid mnr Ozinsky vanmiddag, nadat hy aanvanklik mooi begin het, die amptenare bedank het en later daardie onnodige uitlating gemaak het van vier Ministers wat mre Valkenberg Hospitaal gaan besoek. Ek dink nie dat so 'n gesofistikeerde en opgevoede persoon soos hy 'n uitlating soos daardie in hierdie Huis behoort te maak nie. Ons van die Nuwe NP maak ernstig beswaar teen daardie uitlating.

Mnr die Voorsitter, die harde werklikheid is dat die sukses of die mislukking van hierdie provinsie se toekoms in 'n groot mate afhang van die wyse waarop hierdie Provinsie gaan omsien na die totale oorhoofse ontwikkelingsbeplanning van die provinsie. Die wyse waarop die beplanning sal geskied, veral die fyn balans wat gehandhaaf sal moet word om die ontwikkelaar en die entrepreneur aan die een kant gelukkig te hou, en aan die ander kant om toe te sien dat ons omgewing beskerm en nie geskaad word nie, verg goeie voetwerk aan die Provinsie se kant.

Meneer, ek wil meer konsentreer op die rol wat die Departement van Ontwikkelingsbeplanning in die toekoms saam met plaaslike regering gaan speel. Ek vind dit veral jammer dat daar, terwyl die Provinsie nou 'n wet in plek het, enkele owerhede is wat steeds die grondwetlikheid van hierdie wet bevraagteken. Dit wil vir my voorkom asof daardie owerhede nie die wyse waarop hierdie transformasie in die beplanningsomgewing plaasvind, ondersteun nie.

Die allerlaaste - en die agb Minister het dit al by herhaling hier uitgespel - waarna die Provinsie streef, is om inmenging in die grondwetlike bevoegdheid van plaaslike owerhede te bewerkstellig. Di Provinsie het nie enigsins 'n behoefte om die outonomiteit van die plaaslike owerhede aan te tas nie. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het dit herhaaldelik uitgespel, in die staande komiteevergaderings en ook in die Huis.

Meneer, vir rekorddoeleindes wens ek te meld dat munisipale beplanning, soos in die Grondwet in Bylae 4 aangedui, 'n konkurrente bevoegdheid tussen nasionale en provinsiale regerings is. Dit impliseer onomwonde dat daar in die bre beplanningsproses 'n rol is wat hierdie Provinsie moet speel.

Mnr die Voorsitter, ek dink daar is reeds herhaalde kere in staande komiteevergaderings sowel as in die Huis aangedui dat die Grondgebiede Beplanningsordonnansie ongrondwetlik is. Ons versoek daarom die agb Minister, vanuit hierdie geledere, dringend om die lede van die Hersieningsraad op Beplanning so spoedig moontlik aan te stel.

Met die uitsondering van enkele plaaslike owerhede wat teen die implementering van die wet beswaar maak, is ons van mening dat di wet so gou moontlik gemplementeer moet word. Huidiglik is daar baie waardering vir die wyse waarop die Departement van Ontwikkelingsbeplanning leiding gee en ondersteuning verleen aan plaaslike owerhede op die platteland.

Mnr die Voorsitter, waar plaaslike owerhede aan die vooraand staan van die mees omvangrykste transformasieproses, voorsien ek juis groot probleme ten opsigte van die kapasiteit met betrekking tot ontwikkelingsbeplanning. Die transformasieproses bring mee dat stadsklerke nou gebiede gaan administreer waarvan hulle relatief min kennis dra. In die verband verwys ek veral na die wyd uitgestrekte platteland. Daarom is die ernstige versoek van die Nuwe NP dat die amptenare in die departement hul betrokkenheid en ondersteuning op 'n deurlopende basis aan genoemde gebiede gedurende die transformasietydperk verhoog.

Ek rig di waarskuwing, dat indien daar nie volgehou gaan word met kundige advies en leiding van die Provinsie se kant aan plaaslike owerhede gedurende die transformasieproses nie, kan ons mooi ideale van ekonomiese groei en van werkskepping, veral op die platteland, skipbreuk lei.

Dit is verblydend om van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning te verneem dat die departement reeds handleidings, nuwe beleid en finansile ondersteuning aan plaaslike owerhede verskaf het, en dat hy in sy Begroting aandui dat hulle in die komende boekjaar daarmee sal voortgaan. Ek kan hom verseker dat plaaslike owerhede waarmee ek op 'n gereelde basis kontak het, baie waardering het vir hierdie hulpverlening, en dat hulle in die toekoms op hom en sy departement se voortgesette ondersteuning en leiding gaan staatmaak.

Me die Voorsitter, ek vind dit egter ook snaaks dat die Departement van Ontwikkelingsbeplanning by die Departement van Finansies ingeskakel is. Die agb lid mnr Ismail het ook daarna verwys. My ondervinding in die praktyk in plaaslike regering is dat so 'n departement dalk beter sal inskakel by 'n departement soos di van Plaaslike Regering.

Mevrou, ten slotte wil ek namens die Nuwe NP die agb Minister en al sy amptenare opreg bedank vir die groot rol wat hulle speel om die situasie met ontwikkeling in die Wes-Kaap te stabiliseer.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek dink dat ek die aangenaamhede sal oorslaan en direk begin met die sake in die Departement van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising waaraan ek vandag in my toespraak wil aandag gee.

Ek wil begin deur onmiddellik te s dat die belangrikste bron van kommer vir my in hierdie departement steeds die totale gebrek aan transformasie is, veral in die senior bestuurskader. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning was natuurlik slim genoeg om hierdie spesifieke inset vooruit te loop deur vandag self die saak in sy toespraak te beklemtoon. Ek wil egter verder gaan as wat die agb Minister gegaan het. Ek bedank die agb Minister egter omdat hy sy verbintenis uitgespreek het om aandag aan die probleem te gee. Die probleem is al vir langer as vyf jaar daar, en die tempo van verandering is ietwat stadig.

Ek gaan oor transformasie praat. Dit is 'n sensitiewe saak. Dit kan 'n hoogs emosionele saak raak en is tot dusver as sodanig beskou. Elke keer as ek kwessies rakende transformasie en regstellende optrede in hierdie Huis hanteer het, het ek te doen gekry met weerstand en baie wrewel. Ek wil dit egter laat boekstaaf dat ek inderdaad baie begrip het vir die probleme in die transformasieproses en die uitwerking wat dit op die lewens het van daardie mense wat op 'n baie persoonlike vlak daardeur geraak gaan word. Ek het volkome simpatie en empatie met daardie dilemmas, maar ek glo nie dat dit beteken dat ons nie die uitdaging onverskrokke moet aanpak nie.

Me die Voorsitter, as ons oor transformasie in die departement praat, moet ons dit sien teen die agtergrond van die syfers wat aan ons s presies wat die vlakke van verteenwoordiging is. Ons het hier ten eerste die syfers vir die hele Departement van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising, en ek wil daardeur gaan. Die departement het 'n personeelsterkte van sowat 633. Ons het die syfers per posvlak, en ek wil konsentreer op die senior bestuurskader wat ek omskryf het - mense kan dalk hieroor wil redeneer - as assistentdirekteur en hor.

As ons na die personeelkorps in hierdie spesifieke departement kyk, sien ons inderdaad dat ons in senior bestuur, van assistentdirekteur opwaarts, zero verteenwoordiging van Afrikane het. Ek wil dit duidelik stel dat ek rassekategorisering vir die doeleindes van statistieke en beskrywing gebruik. Op die senior bestuursvlak is daar geen verteenwoordiging van Afrikane nie, daar is een persoon wat as Indir omskryf word, daar is 15 individue wat as bruines omskryf word en die blanke verteenwoordiging staan op 65.

Wat het ons in die lae range van hierdie departement? Lae range word hier omskryf as junior bestuur en laervlak toesighouding. Ons het verteenwoordiging van Afrikane van in totaal 23 individue, Indir-verteenwoordiging van 4 in totaal en bruin verteenwoordiging van 426 in totaal.

Waarom doen ek dit in besonderhede? Omdat Ministers baie male in hierdie Huis opgestaan het en statistieke wat deur die ANC voorgehou is probeer betwis het. Hulle s, "Ons weet nie waar hulle aan daardie statistieke kom nie", en dan hou hulle ander statistieke aan ons voor.

As 'n mens egter statistieke vir die Provinsiale Administrasie as geheel voorhou, sal daardie deel altyd skeef getrek word deur die feit dat baie bruines en Afrikane in die laer poste van die Administrasie in diens is. Ons klem was dus nog altyd op die senior vlak van bestuur in hierdie Administrasie.

Die situasie wat in hierdie departement heers, is onaanvaarbaar, en dit lyk asof die agb Minister met my saamstem. Hy gaan inderdaad verder deur te s dat hy geen steen onaangeroer sal laat nie. Om die waarheid te s, hy wil ernstig aandag gee aan hierdie spesifieke saak. Hy gaan voort deur die volgende stelling te maak:

The legacy of apartheid education, however, has resulted in a short supply of professionals in the planning discipline ...

Ek wil dit betwis. Hoewel daar 'n saak uitgemaak kan word vir die stelling dat die nalatenis van apartheid 'n invloed gehad het op beroepslui op hierdie terrein, is daar verskeie swart - ek gebruik "swart" in die generiese sin - en vroulike beroepslui op die terrein. Daar is hordes van hierdie mense. Hulle stroom by die universiteite uit.

Dit gaan egter nie oor die vaardighede nie. Waaroor ons hier praat, is die begeerte van daardie beroepslui om in hierdie Provinsiale Administrasie te werk. Daar is verskeie redes. Dit gaan nie net oor salarisse, soos die agb Premier graag wil h ons moet glo, nie. Volgens baie van sy toesprake trek die privaatsektor baie meer swart individue vanwe die salarisse. Dit gaan nie net oor die materile aspekte van daardie probleem nie, maar dit het wel iets te doen met die omgewing in die werkplek. Ons het beleef dat talle mense na ons gekom en ges het, "Ons wil aanbly in hierdie Administrasie, maar dit is amper ondraaglik om in sekere departemente te werk wat deur blanke, Afrikaner manlike denke oorheers word". Nou wil ek die punt maak dat daar natuurlik baie in hierdie Administrasie is wat die Rubicon oorgesteek het, wat inderdaad die agenda van transformasie aanvaar het, maar daar is nog 'n groot meerderheid vir wie dit belangriker is om transformasie te te staan as om dit as 'n uitdaging aan te pak en dit as iets onafwendbaars te beskou.

Dit is dus nie net so dat daar nie beroepslui beskikbaar is nie. Dit is dus nie net so dat die salarisse mense daarvan weerhou om vir die Provinsiale Administrasie te kom werk nie. Die uitdaging vir die agb Minister is dat hy, in sy transformasieplanne vir sy departement, aandag moet gee aan die werksomgewing self. As hy anderskleuriges en vroue in hierdie poste aanstel, moet daardie aanstellingspakket mentorskap insluit. 'n Menslike hulpbronontwikkelingsprogram moet daargestel word wat hulle sal help, sodat hulle nie net blote vertoon in 'n departement sal word om net die statistieke te verander nie. Die werkplekomgewing, en die kultuur in die departement, moet inderdaad bevorderlik gemaak word vir transformasie en die vlak van transformasie aanmoedig wat in die agb Minister se departement plaasvind.

Die agb Minister het oor rasseverteenwoordiging gepraat, maar hy het natuurlik geslagsverteenwoordiging heeltemal uitgelaat. Ek dink egter dat hy daar begin uitkom - stadig, een treetjie op 'n slag. Ek is seker dat hy in die volgende toespraak aandag sal gee aan sowel rasse- as geslagsverteenwoordiging. In die agb Minister se eie departement - nou praat ek spesifiek oor Beplanning - het hy slegs 38 vroue. As 'n mens na die postitels kyk, sien jy dat daar een blanke hoof stads- en streekbeplanner en drie swartes is. "Swart" word hier as 'n generiese term gebruik; hulle het dit nie in verdere besonderhede onderverdeel nie. Daar is een swart adjunkdirekteur, een assistentdirekteur, vier blanke stads- en streekbeplanners en twee swartes, en so gaan dit aan. Die meeste bly steeds op die vlak van administratiewe klerke en hoof administratiewe klerke. Weer eens is vroue in stereotipiese werkkategorie, en ek dink dat dit wesenlik aandag moet geniet. Ons hoop dat ons in die volgende begroting, of wanneer die agb Minister aankondigings oor die verwesenliking van sy 100-dae planne maak - ek is nie seker of dit al verby is nie - 'n paar prestasies in hierdie departement sal sien ten opsigte van verteenwoordiging. [Tyd verstreke.]

*Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en sy personeel graag bedank. Hulle was regdeur die proses baie hoflik, en hulle het baie ure saam met ons deurgebring.

Ek wil ook aandag gee aan die agb Minister se meetbare sleuteloogmerke. Ek weet vir seker, en ek het deur hierdie hele dokument gelees, dat dit een van die heel moeilikste departemente is. Dit is een van daardie departemente met wie ons van die ou bestuurskomitee tydens die apartheidsjare baie maal vasgesit het. Dit was 'n pynlike oefening en dit was soms moeilik om te begryp. Ek moet ook s dat daar 'n paar veranderings was en ek vertrou dat die agt pilare van transformasie beslis 'n invloed op hierdie departement sal h.

Dit is egter nogal teleurstellend dat ontwikkeling nog altyd buite die bereik van ons inwoners, veral die anderskleuriges, was. Ek sal 'n bietjie teruggaan na die dae toe ek by plaaslike regering betrokke was. Dit het tyd geraak dat hierdie ontwikkeling binne die bereik van alle bevolkingsgroepe geplaas word.

Waarop ek wil konsentreer, is die bestuur van grondontwikkeling. Hierdie aspek van beplanning was nog altyd 'n pynlike oefening, want dit behels sonering en alle soort aspekte wanneer dit by stadsbeplanning kom. Dit is beslis pynlik.

Ons kon nooit die verbeteringsheffing verstaan nie. Ons kon dit nie begryp nie. Ons moes soveel geld betaal, en dan moes ons nog steeds 'n verbeteringsheffing betaal. Ek vertrou dat dit ook uiteindelik 'n ligter las sal word, maar ek weet nie, want die departement het nie geld nie.

Nog 'n aspek in die proses van ontwikkeling wat vir ons altyd 'n pyniging was, is dat dit deurspek is met rompslomp. Ek kyk na die agb Minister se belangrikste meetbare aspekte en ek dink dat dit dalk tyd geword het om van die rompslomp te verwyder. Dan kan ontwikkeling vinniger vorentoe gaan en nie so ver agterbly nie. Ons hou duim vas vir die agb Minister. As 'n mens na al hierdie dinge kyk, dink ek soms dat dit onbekostigbaar is en dat hulle te veel geld nodig het om die proses te versnel.

Hier wil ek ook by die Hersieningsraad stilstaan. Ek is bly om te verneem dat die agb Minister die Hersieningsraad onttrek het. Toe ek die eerste maal die kwalifikasies gesien het wat die Hersieningsraad verlang, het dit by my opgekom dat bitter min van ons mense werklik aansoek sou doen om in daardie Hersieningsraad te dien. Een van die vereistes is dat 'n mens 'n regsagtergrond moet h.

'n AGB LID: Net die voorsitter.

Mnr N M ISAACS: Jammer, ja, net die voorsitter. Ons mense is gewillig, omdat ons nog nooit die voorreg gehad het om so betrokke te wees nie. Daarom wil ek die agb Minister versoek, terwyl hy die Hersieningsraad onttrek het, om te kyk na die moontlikheid dat die Hersieningsraad so verteenwoordigend moontlik moet wees. Die verteenwoordiging daarvan moet sodanig wees dat ons almal in die Wes-Kaap kan voel dat ons deel het aan daardie liggaam.

In dieselfde asem, en dalk is ek verkeerd, wil ek vra dat indien 'n Hersieningsraad aangestel word, die raad ook, soos ander rade, voor die staande komitee moet verskyn. Ek hoop en vertrou dat die raad nie deur amptenare aangestel en aangedryf sal word nie.

Dan kom ons by kapasiteitsbou op plaaslike regeringsvlak. Die vraag wat onmiddellik ontstaan, is watter persentasie sukses hulle tot dusver in hierdie verband behaal het. Vyf jaar het gekom en vyf jaar het gegaan. Nou vra ek nog altyd hoekom ons oor hierdie vyf jaar gesien het hoe plaaslike owerhede geworstel het met hierdie kapasiteitsbou. Ek hoop en vertrou dat die agb Minister 'n antwoord sal gee waaruit ons sal kan sien wat ons bereik het. Of is dit nog in die embriostadium? Is dit nog in die besprekingstadium? Is dit nog in die beplanningstadium? Hoe ver het ons hiermee gevorder?

*Ek kan nie help nie, maar nou gaan ek stout wees. Ek het die Wet op Beplanning, Wet 7 van 1999, geneem en daardeur gelees. Ek het ook die sogenaamde "Development Felicity Act" daar naas geplaas. Is ek reg? Wat is die naam nou weer? Die "Development Facilitation Act". Hierdie twee gaan hand aan hand.

*Me T ESSOP: Watter Wet is dit?

Mnr N M ISAACS: Goed, Felicity, hou jou nou in!

*Verskeie aspekte word in hierdie Wet, sowel as in die Wet op Beplanning, gedek. Wat my verstom, is dat die Wet op Ontwikkelingsfasilitering voorsiening maak vir geleenthede vir die beplanning van woongebiede, sowel as vir kleinboere. Die Wet gaan verder en poog om die sekerheid van verblyfreg te bevorder terwyl probeer verseker word dat die finansiering van die eindgebruiker in die vorm van subsidies en lenings so vroeg moontlik beskikbaar gestel word.

In hierdie wet oor beplanning word die voorsiening gemaak. My vraag is waarom ons dan nie in ons wet ook voorsiening gemaak het vir daardie ontwikkeling nie. Ek dink die twee gaan hand aan hand. As ons van ontwikkeling praat, moet ons ontwikkeling nader bring sodat dit die geleentheid en die nodige gesindheid kan bewerkstellig en ons daardeur vir mense aantreklik kan raak. [Tyd verstreke.]

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het my twee maal vandeesweek gevra of ek vandag hier sou wees, en dus het ek verseker dat ek twee maal sou praat omdat hy my twee maal gevra het.

Ek wil ten eerste graag reageer op 'n paar van die punte wat die agb lid mnr Louis oor Dassenberg gemaak het. Die agb Minister het vandag ges dat hy die besluit op grond van tegniese punte hersien. Ons moet nog sien of dit geringe tegniese regspunte in 'n nuwe situasie is en of dit inderdaad sake was wat te doen gehad het met die proses wat gevolg is. Ons is seker dat dit in die hofsaak na vore sal kom.

Ek wil reageer op wat die agb lid mnr Louis ges het daaroor dat politiek uit beplanning gehou moet word. Ek wil s dat dit absoluut onmoontlik is om dit te doen omdat politici betrokke is op elke vlak waar beplanningsbesluite geneem word. Op elke plaaslike regeringsvlak is daar verkose raadslede wat hoofsaaklik verkies word op partylyste en op provinsiale vlak is ons en Ministers daar, wat by hierdie prosesse betrokke is. Die punt is dat 'n mens nie moet s dat jy politiek uit beplanning moet hou nie. Die vraag is hoe om die proses deursigtig te maak en toe te sien dat dit op so 'n wyse geskied dat die politieke belange nie so belangrik soos die ander belange word nie. Daar sal nooit - miskien bestaan dit in die hemel, maar nie op aarde nie - 'n situasie wees waar geen politiek daarby betrokke sal wees nie. Ons moet nie probeer om dit te bereik nie. Wat ons moet doen, is om behoorlike prosesse te h en om nie swak besluite te neem nie.

Me die Voorsitter, ek wil nou graag by die kwessie van die POR uitkom. Ek wil dit laat boekstaaf dat ons baie bekommerd is oor wat met die POR gaan gebeur. Die POR vervul 'n baie belangrike rol in die provinsie. Dit is 'n forum waar plaaslike regering, burgerlike samelewing en die Provinsiale Regering saamkom om belangrike beplanningskwessies te bespreek. Daar is 'n onderskeid tussen 'n POR, wat standpunte van die burgerlike samelewing verteenwoordig, en 'n organisasie soos Wesgro of die Toerismeraad, wat bloot daar is vir toerisme- of sakebevordering.
Wat aan die gang is, is in die belang van die konsolidasie van 'n groot klomp mag in die hande van die de facto-Premier van hierdie Provinsie, die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme, wie se party reeds 60% van die Begroting beheer. As hierdie voorstel verder gevoer word, sal hulle 90% van die sleutelinrigtings in hierdie provinsie beheer. [Tussenwerpsels.] Ten einde dit te bereik, moet ons van die verskille vergeet. Ons moet vergeet van die verskillende rolle van hierdie liggame en hulle in een saamvoeg.

Daar is 'n onderskeid tussen sakebevordering, die aanlok van beleggings en die fasilitering van 'n proses waar gemeenskappe, gewone mense, burgerlike samelewing, kan deelneem aan beplanningskwessies. Ek wil nou s, en ons sal dit nog baie male in die staande komitee en in die Huis s, dat indien dit die rigting is wat die Kabinet onder leiding van die de facto-Premier gaan inslaan, ons moet regmaak vir 'n groot bakleiery. Ek is seker dat die burgerlike samelewing en plaaslike regering in hierdie provinsie nie sal toelaat dat 'n party wat 13% van die kiesers verteenwoordig, 90% van die institusionele mag in hierdie provinsie in hul hande saamtrek nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek wil ook graag melding maak van die kwessie van die Provinsiale Gentegreerde Ontwikkelingsraamwerk. Ek wil hier iets beklemtoon. Die agb Minister het dit verlede jaar beklemtoon en dit verwys ook na die kwessie van die POR. Hy het verlede jaar in 'n baie kort paragraaf van slegs een sin in sy toespraak ges, en ek haal aan:

A fifth and final objective, which I shall pursue with vigour, is the involvement of local government and civil society, including NGOs and CBOs, in the drafting of provincial goals and strategies.

Dit is al wat hy oor die saak ges het, maar dit was 'n baie goeie stelling vanwe die bondigheid daarvan.

Die sleutelaspek waaroor ek bekommerd is, is dat daardie selfde organisasies van die burgerlike samelewing waarvan hy melding gemaak het, nie die kans kry om betrokke te raak by die Provinsiale Gentegreerde Ontwikkelingsraamwerk, wat nou die Provinsiale Strategiese Plan geword het nie, hoewel die Begroting terloops steeds daarna verwys as die raamwerk. Hierdie organisasies gaan van hierdie proses uitgesluit word as die POR opgeneem gaan word in die koninkryk van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme. Die POR is die organisasie wat die burgerlike samelewing verteenwoordig en wat tans by daardie proses betrokke is. Nou, as die POR bloot 'n sake-arm vir die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme gaan word, dan sal daardie organisasies geen rol in die proses h nie. [Tussenwerpsels.]

Ek wil twee punte hier maak. Die eerste een is hierdie een. Ons wag gretig op die Groenskrif van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme, maar ek dink dat hy baie noukeurig moet kyk na wat in daardie Groenskrif ingaan, sodat ons nie die belangrikste belanghebbendes in hierdie proses uitsluit van deelname nie. Hy moet ook prakties kyk na hoe die burgerlike samelewing betrokke gaan raak by die opstel van die ontwikkelingsraamwerk vir die Provinsie.

Daardie raamwerk gaan die basiese riglyne neerl oor hoe alle ontwikkeling in die medium en lang termyn in die provinsie geskied. As die burgerlike samelewing nie 'n aktiewe rol daarin gegee word nie, sal die raamwerk miskien nie net nie die belange van die hele provinsie verteenwoordig nie, maar dit kan ook tot 'n verdere omstredenheid lei waarin ons sien dat die burgerlike samelewing en plaaslike regering standpunt inneem teenoor die Provinsiale Regering oor 'n raamwerk wat hulle in werking wil stel. Hierdie saak is van die uiterste belang.

Laastens, me die Voorsitter, wil ek die kwessie van die Provinsiale Wet op Ontwikkeling ophaal. Die agb lid mnr Isaacs het vertrek, maar ek wil nogtans s dat dit die eerste maal is dat ek gehoor het dat hy nasionale wetgewing bo provinsiale wetgewing aanprys en ek bedank hom daarvoor. Ten tweede wil ek die kwessie ophaal van die gevaar wat skuil in die ongetoetste grondwetlikheid van daardie Wet. Ek is bekommerd, en ek het dit vroer opgehaal, oor die lang vertragings wat ons het terwyl sekere prosesse plaasvind, ongeag of dit te doen het met regulasies, wette, strategie of Groenskrifte. Ek is bekommerd dat wat gaan gebeur as ons nie daarvoor beplan nie, is dat daardie Wet in die Konstitusionele Hof gaan eindig, 'n lang proses gaan verloop en verskeie ontwikkelings en ander prosesse daardeur geraak gaan word. Die houding van die departement tans ... [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Voorsitter, as 'n mens weet dat 'n ander agb Minister nog na jou kom, wil jy graag die debat in een sin, 'n halwe paragraaf of slegs 'n paar paragrawe opsom. Ek moet ongelukkig my werk doen, en agb lede moet my dus vergewe as ek meer tyd in beslag neem as wat ek wil.

Ek wil die agb lid mnr Ismail graag bedank vir sy ...

*Mnr A ISMAIL: Vriendelike woorde.

*Die MINISTER: ... vriendelike woorde. Ek waardeer dit. Die agb lid moet op sy sitplek sit as hy tussenwerpsels wil maak. In my toespraak het ek nie van die geleentheid gebruik gemaak om hom spesifiek te bedank nie.

Ek het vergeet wie dit is wat ges het dat ek nie toegelaat het dat die voorlegging plaasvind nie. Ek het inderdaad die voorsitter gevra of hy sou wou h dat ek dit moet doen, veral in die lig van hoe laat dit was. Dit is aan die komitee oorgelaat om te besluit of hulle wou voortgaan of nie.

*Mnr M OZINSKY: Dit was nege-uur die oggend! Is dit vir u laat?

*Die MINISTER: Ek het beslis nie die besluit self geneem nie.

Me die Voorsitter, ek wil ingaan op die vraagstuk wat die voorsitter opgehaal het ten opsigte van plaaslike regering wat beplanning hanteer. Ek is beslis nie 'n koninkryk bouer nie. Ek is oorgelewer aan die willekeuring van die agb Premier. As die agb Premier besluit om sekere funksies in een Ministerie te kombineer, sal ek my by daardie besluit neerl. Ek glo dat die lewe van 'n Minister of 'n politikus 'n baie kort lewe is en dat 'n mens die bitter saam met die soet moet aanvaar.

Ek moet dit heeltemal duidelik maak dat plaaslike regering 'n sfeer op sy eie is. Ek dink dit is verstandig om twee afsonderlike Ministers te h om dit te hanteer. Dit is egter nie my besluit nie. Dit is 'n besluit wat aan die agb Premier oorgelaat is. Dit is belangrik om daarvan kennis te neem dat dit ressorteer onder die Hoof van die Departement van Behuising, Plaaslike Regering en Beplanning, mnr Africa. Daar is sekerlik 'n verband ten opsigte van plaaslike regering en ek dink dat dit in aanmerking geneem moet word. Ek raak nou soos die agb lid mnr Ismail toe hy sy aantekeninge gesoek het. Ek dink hy het ges dat hy op bladsy drie en 'n half was. Ek is amper daar.

Ek wil aan die agb lid mnr Ismail s dat grondhervorming deur middel van die gentegreerde ontwikkelingsraamwerkprosesse in die derde regeringsfeer aandag sal geniet. Afsonderlike strategie oor grondhervorming sal ook opgestel word. Dit moet in gedagte gehou word.

Ek gaan oor na die agb lid mnr Ozinsky. As u my toelaat, me die Voorsitter, sou ek graag wou s: Max, jy was nie vandag op jou beste nie! [Tussenwerpsels.] Nou goed, die agb lid Max Ozinsky. Hy was nie vandag op sy beste nie. Ek het gisternag amper nie geslaap nie, want ek het probeer dink aan wat hy sou doen en op watter punte hy my sou aanval. Ek voel absoluut verlig, ...

*Mnr M OZINSKY: En teleurgesteld.

*Die MINISTER: ... asook 'n bietjie teleurgesteld, dat hy my nie uitgevang het nie. Dit was nie vir my nodig om op enige wyse onsmaaklik teenoor hom te wees nie en ek is ook nie van plan om dit te doen nie, want dit is nie in my aard nie.

Ek wil die agb lid mnr Ozinsky van hierdie kant van die Huis versoek om nie gebruik te maak van wat ek Gabru-istiese beginsels noem nie. Wat is Gabru-istiese beginsels? Die een is om te begin met die verspreiding van gerugte. Die agb lid mnr Ozinsky het vandag hier ges dat daar 'n Minister van die vorige Kabinet is wat 'n belang by Valkenberg het. Ek weet nie na wie hy verwys nie, maar as dit toevallig my voorganger is waarna hy verwys, kan ek hom meedeel dat dit absolute onsin is. Ek het dit laat bevestig.

Juis die feit dat hy so 'n stelling maak gee aan die mense daar buite, via die media, 'n aanduiding dat iemand besig is met skelmstreke. Ek wil hom graag uitdaag. As daar enige agb Minister van hierdie Regering of enige voormalige Kabinetslid is wat 'n finansile belang, of wat dit betref, enige belang, by Valkenberg het, moet hy dit asseblief aan ons s. Maar ons moet mekaar nie van goed beskuldig of begin om gerugte te versprei nie, want dit is nie in die belang van goeie regering nie. [Tussenwerpsels.] Ek het hoegenaamd nie die gerug versterk nie. Ek het hom uitgedaag om na vore te kom daarmee, of hy dit nou hier onder die beskerming van die Huis of buite hierdie Huis wil doen. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek bedank u vir die onlangse beslissing dat tussenwerpsels een, twee of drie woorde moet wees. Ek is baie bly om te sien dat die opposisie kennis geneem het daarvan.

Ek wil na Dassenberg verwys. Die besluit is nie deur die volle Kabinet geneem nie. Ek wil net verduidelik wat die Kabinet besluit het. Die Kabinet het besluit dat sake wat as omstrede beskou word, deur die Minister belas met beplanning na die Kabinet geneem moet word. Hierdie aangeleentheid was egter nie na die Kabinet geneem nie. Dit is in elk geval nie die Kabinet wat daaroor moet besluit nie. Dit is steeds in my hande, as die verantwoordelike Minister, om die besluit te neem.

*Mnr M OZINSKY: Dit was dus nie kontroversieel nie?

*Die MINISTER: Nee, maar dankie dat u die gaping aan my gegee het. Ek waardeer dit opreg.

Wanneer besluit 'n mens dat 'n aangeleentheid omstrede is? 'n Mens kan slegs besluit dat 'n aangeleentheid omstrede is as jy 'n besluit ten gunste van die beswaarmakers of in die guns van die ontwikkelaar neem. Dit is wanneer dit omstrede raak. Kom ek lees vir agb lede 'n voorstel wat op 16 September 1998 voor die Stedelike- en Omgewingsdienste Komitee van die SPM gedien het. Daarin is die volgende voorgestel, en ek haal aan:

1. That the rezoning of Cape farm 940/7, Noordhoek, from agricultural to subdivisional area for single residential, private and public open space and road purposes be approved.

2. That the number of single residential erven be restricted to 150.

3. That the draft layout plan be submitted and be to the satisfaction of the Executive Director: Urban and Environmental Services.

Ek is seker dat die agb lid sterf om te weet wie hierdie voorstel voorgestel het. Ek sal aan hom s wie die voorstel gemaak het. Dit was Raadslid Dicky Meter, wat 'n lid van die ANC is.

Die punt wat my kollega die agb lid mnr Louis opgehaal het, was dat indien ons aan enige kant van die Huis sit en politiek by beplanningsake insleep - en dit is waar ek heelhartig met hom saamstem - ons nie die regte resultate sal kry nie. Dit is wat ek ook onder die aandag van die agb lid mnr Ozinsky wil bring. Ek was nie van voorneme om dit vandag hier voor te lees nie. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede moet die agb Minister asseblief toelaat om voort te gaan.

*Die MINISTER: Dankie, me die Voorsitter, dit het aan my die kans gegee om 'n sluk water te drink.

Die agb lid het ook verwys na "omgewing, omgewing, omgewing". Hy was natuurlik verkeerd. Wat ek ges het, was "omgewing, omgewing, ontwikkeling". Wat ek ges het, was dat ons deur die twee ringe van die omgewing moet spring voordat ons by ontwikkeling uitkom.

Wat ontwikkeling betref, s ek nie dat ons bestaande regte van ontwikkelaars of ander eienaars van eiendom moet wegneem nie. Ek doen nie aan die hand - en niemand by sy volle positiewe sou dit doen nie - dat ons die Mugabe-beginsel volg en mense se regte wegneem nie, want dan kan 'n mens net so goed 'n teken buite Suid-Afrika se grense oprig wat lui, "Ons wil nie beleggers h nie". Die agb lid moet asseblief begryp wat my beginsels is.

Die agb lid het voorgestel dat ek spertye stel. Ja, miskien het ek nie by spertye gehou nie. Waar ek vandaan kom, die sake-sektor, word van 'n mens verwag om spertye te gee in sake. Die agb lid het homself egter weerspreek. Later het hy ges dat daar nie behoorlike openbare deelname was nie. Dit is juis die rede vir die vertragings. Ek herinner hom aan die Latynse spreuk, "Festina lente." In vertaalde vorm beteken dit, "Haas jou langsaam." Dit is my leuse. My leuse is nie om 'n proses blindelings te verontagsaam sodat ek aan 'n spertyd kan voldoen nie, maar eerder om meer tyd te gebruik om by iets uit te kom wat reg is en waaraan die regte aandag ten opsigte van openbare deelname gegee is.

Die agb lid het 'n grappie oor Valkenberg gemaak. Persoonlik neem ek nie aanstoot daaraan nie. Om die waarheid te s, ek oorweeg dit om daar te oornag. Ek glo aan 'n bietjie ligsinnigheid en ek dink wel dat ek 'n sin van humor het. Ek kan dalk daar oornag. Of hulle my langer daar sal hou, weet ek nie. [Tussenwerpsels.] Met die huidige lewenskoste sou ek daarvan hou as die Staat my onderhou. [Tussenwerpsels.]

Ek kom by die agb lid mnr Winde. Ek wil hom graag bedank vir sy bydrae, veral ten opsigte van die biosfeer- en die kussoneringsbeleid. Hy kom uit die Knysna-gebied in die Suid-Kaap, en hy het beslis 'n belang by hierdie aangeleenthede. Ek wil net met hom praat oor die gentegreerde ontwikkelingsraamwerke. Die huidige beplanningsoefeninge is ekologies van aard en op spesifieke plekke gerig. Plaaslike gemeenskappe is betrokke en hul behoeftes word in aanmerking geneem. Groter munisipale gebiede sal nie noodwendig 'n uitwerking op plekspesifieke oefeninge h nie. Die departement is egter ten volle bewus van die nodigheid om verskillende ontwikkelingsraamwerke te integreer. Hy sal aandag gee aan die integrasie so gou die nuwe munisipaliteite daargestel is.

Me die Voorsitter, ek kom nou by die agb lid mnr Louis. Aan die begin, toe ek hierdie portefeulje oorgeneem het, het ek in die Huis ges dat ek aanvaar dat die agb lid mnr Louis die regte besluit ten opsigte van Dassenberg geneem het. Agb lede kan die Hansard nagaan. Ek is nie volmaak nie. Ek is ver van volmaak en ek aanvaar dit. As ons bykomende inligting oor sake verkry, glo ek daar kom 'n tyd wanneer ons moet omdraai en s: Ja, die proses was nie reg nie en nadat ons die mening van 'n senior advokaat ingewin het, moet ons nou 'n ander koers inslaan. My houding sou kon wees om te s dat ons moet stilsit, niks doen nie en ons deur die Silwermyn Koalisie voor die hof moet laat daag. Ek glo egter dat dit oneerlik sou wees. Dit sou oneerlik gewees het om die saak nie behoorlik te hanteer nadat ek die inligting op my lessenaar gehad het nie. Ek het dit gedoen en ek is trots daarop dat ons dit doen, want ek glo dat dit die regte proses is.

Ek dink sekerlik dat dit onbillik is om aan die hand te doen dat my voorganger nie korrek opgetree het nie. Om die waarheid te s, twee van die sake wat ek sal laat heroorweeg het na vore gekom op grond van hofuitsprake wat gelewer is nadat die Dassenberg-besluit geneem is. Ek wil dit heeltemal duidelik maak.

Me die Voorsitter, ek het probleme om al my aantekeninge op te spoor! Ek kom by die agb lid mnr Gelderblom en bedank hom vir sy ondersteuning. Een van die belangrikste take - iemand anders het dit ook opgehaal - wat die departement besig is om te verrig, is om tussen die munisipaliteite, veral kleiner munisipaliteite, rond te beweeg en opleiding en ondersteuning in die landelike gebiede te gee. Dit is belangrik en ek glo dat ons in hierdie verband tot dusver reg opgetree het. Ek bedank my departement vir wat hulle gedoen het.

Ek kom nou by my goeie vriend - en ek s dit nie net vir beskrywende doeleindes nie - die agb lid me Essop. Ek is nie van plan om weer die hele pad te loop om oor transformasie of regstellende optrede te praat nie. Ek het my s ges. Ek hou daarby en sal dit aan die agb lid mnr Ozinsky oorlaat om volgende jaar uit my toespraak in Hansard aan te haal, as ek nog hierdie pos beklee.

Ek was half van plan om aan die agb lid me Essop te s dat sy saam met my moet kom sit, sodat ons saam kan planne maak en ek kan hoor wat haar voorstelle is. Ek wil s dat ek nie van voorneme is om amptenare te begin vergiftig of skiet nie - poste kan slegs beskikbaar raak, beslis in die senior range, as mense aftree of uit diens tree of om ander redes. Ek sal een onderneming gee. Ek is 'n middagete aan haar verskuldig en sy weet dit. Ek sal 'n bietjie tyd saam met haar deurbring, spesifiek oor hierdie saak.

*Me T ESSOP: Mag ek konsultantgeld vra?

*Die MINISTER: Die agb lid mag konsultantgeld vra, maar ek glo die Adjunkspeaker sal aan haar s dat sy nie toegelaat word om dit te doen nie. Ek onderneem beslis om die agb lid te spreek, want ek dink dat dit belangrik is.

Ek ondervind dieselfde probleem as die voorsitter van SKOF. Ek kan nie my aantekeninge kry nie. Ek wil aan die agb lid mnr Isaacs s dat ek vir 'n paar jaar die voorsitter van die beplanningskomitee - of die Stedelike Beplanningskomitee soos dit in Kaapstad genoem is - was. Toe ek in 1998 die Kaapstadse Stadsraad verlaat het, was ek die voorsitter. Ek wil die agb lid mnr Isaacs meedeel, as ek hom net hier kan kry, dat my standpunt was ...

'n AGB LID: Hy is nie hier nie.

Die MINISTER: Ek is seker dat hy Hansard uiters getrou lees.

Ek het toe die mening gehuldig, soos ek vandag tydens 'n perskonferensie ges het, dat daar beplanningsamptenare hier in die Provinsie gesit het met horings wat uit hul voorkoppe groei.

Baie dikwels - ek is seker agb lede aan daardie kant van die Huis sou met my saamstem - ontwikkel 'n mens 'n sekere siening van mense, byvoorbeeld dat hulle swak werk lewer, bevooroordeeld is of wat ook al. Ek kan egter sonder vrees vir tespraak s dat my voormalige siniese beskouing van daardie departement, uit die oogpunt van plaaslike regering, geheel en al verkeerd was. Ek glo dat hulle uitstekende werk verrig en ek het hul volkome samewerking. Ek s dit nie bloot vir die effek nie.

Die agb lid mnr Isaacs het oor die Hersieningsraad gepraat. Ek wil hom vertel hoe die Hersieningsraad werk. Ons vra nie dat spesifieke mense in die Hersieningsraad moet dien nie. Dit is die onderskeie dissiplines wat mense uit daardie dissiplines moet benoem. Daar l my probleem. Ons oorspronklike advertensie was nie om mense van die algemene publiek te lok nie. Dit het nie gebeur nie, maar ek glo dat dit die fout van die dissiplines was. As die onderskeie dissiplines 90% blankes en 10% vroue benoem, as ek reg onthou, is dit eenvoudig nie goed genoeg nie. My departementele amptenare sal weet dat ek hulle in my kantoor laat sit en deur die lys gegaan het. Ek het een maal daardeur gegaan, weer begin en toe ges: "Stop! Ons kan nie hiermee voortgaan nie. Ek is nie bereid om na die Premier te gaan en hierdie raad aan te beveel nie. Dit is nie regverdig en redelik nie."
Ek wil dit net duidelik maak dat die benoemings nie van die algemene publiek kom nie. Die benoemings kom uit die onderskeie dissiplines soos argitektuur, landopmeting en so meer. Ons het ongeveer twee weke oor. Ek hoop dat ek dit gou sal kan afhandel. Ek hoop dat hulle uiteindelik die boodskap gekry het en dat ek aan die agb Premier 'n Hersieningsraad kan voorhou wat ek kan aanbeveel.

Die agb lid het verwys na kapasiteitsbou in munisipaliteite. Ek het reeds genoem dat ons agteroor buig om hulle te help. Ek wil daarop wys dat ons direk betrokke is deur middel van die prosesse van die gentegreerde beplanningsraamwerke, slypskole, die verskaffing van finansile steun, en die opstel en verspreiding van 'n handleiding oor gentegreerde beplanningsraamwerke. Daar is ook 'n handleiding oor biostreekbeplanning, waarvan ek in my toespraak melding gemaak het.

Wat die Wet op Ontwikkelingsfasilitering betref wat hy genoem het, word beginsels van daardie Wet in die nuwe Wet op Beplanning en Ontwikkeling vervat. Ek sal sy aandag daarop vestig as ek hom sien.

Laastens het die agb lid mnr Ozinsky 'n tweede hap van die koek gekry en gepraat oor die Provinsiale Ontwikkelingsraad en die Groenskrif. Ek dink dat hy die saak onbillik hanteer. Vir my is dit 'n geval van verdoem as jy dit doen en verdoem as jy dit nie doen nie.

*Me T ESSOP: Al weer!

*Die MINISTER: Ja, al weer, en juis dit omdat ek dit bedoel. As hierdie Provinsie nie aanhoudend na die verskeie organisasies onder sy beheer kyk en hulle ontleed om te kyk of geld bespaar kan word en die geriewe vir die algemene publiek verbeter kan word nie, sal die anderkant van die Huis wil weet waarom ek vanjaar R2,2 miljoen aan die Provinsiale Ontwikkelingsraad bestee. Ek het vergeet wat die begroting vir Wesgro is.

Ek kon sien, selfs voor die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme my genader het, dat sekere werk waarmee Wesgro besig is deur die Provinsiale Ontwikkelingsraad gedoen word. Agb lede sal genoeg kans kry om hierdie aangeleentheid deur middel van die Groenskrif te hanteer, maar ek sal my ten sterkste daarvoor beywer - luister mooi - om toe te sien dat nie een persoon uit die Provinsiale Ontwikkelingsraad ontslaan word nie. As die Provinsiale Ontwikkelingsraad iewers heen moet gaan - 'n besluit waaroor ek sal nadink en waaroor ek nie vooropgestelde idees het nie - sal ek toesien dat hy as 'n eenheid verskuif. Hy sal nie opgebreek word en na ander organisasies gaan nie. Ek wil h dat die agb lid dit moet begryp.

Hy het ook oor die ongrondwetlikheid van die nuwe Wet op Ontwikkeling en Beplanning gepraat. Ek glo nie dat dit ongrondwetlik is nie. As die moontlikheid bestaan dat sekere sake daarin ongrondwetlik is, wat sou die agb lid oor die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning s? Is die agb lid trots daarop om voort te gaan met die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning? Wil hy h dat ek die Grondwetlike Hof oor sekere sake moet nader en die inwerkingstelling van die Wet nog verder vertraag deur gebruik te maak van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning? Ek waag die mening dat die grootste gedeelte van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning ongrondwetlik is, en dit bekommer my. Ek het reeds in die Huis ges dat die Wet nie in graniet uitgekap is nie. As daar enige sake is wat verander moet word, sal ek dit by die eerste moontlike geleentheid aanbeveel. Ek wil h dat die Wet op 1 Mei in werking moet tree, want 1 Mei is 'n baie spesiale dag op ons kalender. Dit sal op 2 Mei in werking gestel word, en ek wil daardie spertyd nakom.

Debat afgesluit.

Begrotingspos 9 - Omgewing- en Kultuursake en Sport:

Omgewing- en Kultuursake

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Me die Voorsitter, ek wil graag vandag lede van NROs en GGOs in die omgewing- en kultuursektore vandag hier verwelkom. 'n Hartlike woord van welkom aan hulle.

Dit is 'n groot eer en voorreg om as Minister van Omgewing- en Kultuursake op te staan om my eerste volledige Begrotingsrede in die Huis te lewer.

Ons het aan onsself die doelwitte gestel van beduidende verbetering in dienslewering aan die mense van hierdie provinsie, en transformasie van die manier waarop ons te werk gaan en die wyse waarop die konsepte van omgewing en kultuur omskryf word. Gerieflikheidshalwe sal ek eers aandag gee aan die Omgewingsake-komponent van my Ministerie en dan aan Kultuursake. Ek sal my omgewingshoed eerste opsit.

Ons benadering tot omgewingsake moet as sentrale verwysingspunt die omgewingsreg in artikel 24 in die Handves van Regte in ons Grondwet h. Dit verplig ons om te verseker dat die omgewing nie skadelik is vir die gesondheid en welsyn van ons mense nie, en om besoedeling te voorkom, bewaring te bevorder en volhoubare ontwikkeling te beveilig. Dit verteenwoordig 'n paradigma verskuiwing in die bestuur van omgewingsake in die sin dat dit die welsyn van ons mense die sentrale vertrekpunt in die administrasie van die omgewing maak.

As Minister van Omgewing- en Kultuursake het ek 'n wetlike plig om die Grondwet na te kom en met my Begroting van R59,203 miljoen glo ek dat ek en my departement onsself ten volle van hierdie taak sal kwyt. Dit raak onmiddellik duidelik dat omgewingsake nie net tot bewaring beperk kan word nie, maar inderdaad voorkeur moet gee aan menseregte kwessies. Ek het omgewingsake dus benader as 'n menseregte- gebaseerde saak.

Bewaring bly 'n sentrale fokus van my administrasie op grond van artikel 24(b) van die Grondwet wat bepaal dat die mense die reg het "op die beskerming van die omgewing, ter wille van huidige en toekomstige geslagte". Met ander woorde, ons volhoubare ontwikkelingsbeleid moet verseker dat ons die voorsorg tref om 'n genoegsame deel van die omgewing tot voordeel van komende geslagte te bewaar. Met hierdie doel voor o word beoog dat 'n onafhanklike Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad op 1 April 2000 in die lewe sal kom.

Die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad sal 'n begroting van R52 miljoen administreer en 20 provinsiale natuurreservate, 24 staatsbosse, 8 natuurreservate wat ingevolge die Boswet opsy gesit is, 4 wildernisgebiede, 6 mariene reservate, 15 bergopvanggebiede en 11 natuurreservate op eilande aan die kus sal onder die jurisdiksie daarvan val. Die raad sal ook 'n vennoot in grondbestuursprogramme en sowat 70 ander bewaringsgebiede wees.
Die sukses van die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad is kernbelangrik vir die ontsluiting van ekotoerisme in die Wes-Kaap en dus vir die ekonomie van hierdie provinsie. Die raad sal konsentreer op die groen kwessies en die bevordering van ekotoerisme. Hulle sal die privaatsektor aktief betrokke maak by die ontwikkeling van die toerismepotensiaal van die reservate. Voorts is daar R6,5 miljoen in die Begroting vir Werke vir kapitaalskemas wat toeristegeriewe sal uitbou.

'n Nuwigheid wat vir die eerste maal ingebring word, is die goedkeuring van uitgawes van R806 000 aan bruin sake; dit wil s, sake wat die lewensgehalte van die mense direk raak. Hierdie geld sal bestee word aan die skep van poste om 'n kernkomponent in die departement te vestig om advies te gee oor besoedeling en afvalbestuur. Hierdie eenheid sal ook voorstelle aan die nasionale Ministerie van Omgewingsake en Toerisme maak om bykomende fondse te bekom vir die bestuur van soliede afval, vullisverwydering en besoedelingsbeheerprojekte.

Ons sal ook oorweging skenk aan bewusmaking rondom sake rakende die opruiming van die omgewing, en om dit te koppel aan die skep van werkgeleenthede rondom vergroening, afvalbestuur en hersirkulering. Ek hoop dat die gevolg van 'n goeie vertoning deur hierdie komponent in die komende jaar sal wees dat sy begroting wesenlik verhoog sal word om sin te gee aan ons verbintenis tot die daarstel van 'n beter lewe en toekoms vir al ons mense.

Ons gaan dit egter nie daar laat nie. Om die waarheid te s, ons het reeds twee projekte gedentifiseer wat in die volgende paar weke aangepak sal word. Die een sal op 22 Maart, tydens Nasionale Waterweek, begin wanneer ons na die Bongani Kamp in Khayelitsha sal gaan om die gemeenskap te help met die skoonmaak van die Kuilsrivier en die omliggende vleiland. Vyftig mense van daardie omgewing het inderdaad vrywillig aangebied om ons met hierdie projek te help, sonder enige vergoeding.

Soos mense na die stede kom en lewenstandaarde verhoog word, sal stedelike verbruik aanhou om toe te neem, wat die kollig skerp op ons afvalbestuurstrategie sal laat val. Terwyl die bestuur van soliede afval, vullisverwydering en besoedelingsbeheer plaaslike regeringsfunksies is, het sowel nasionale as Provinsiale Regering 'n belangrike rol te vervul in die formulering van die beleid en die vasstel van die raamwerk waarkragtens hierdie sake bestuur word. As 'n Provinsiale Regering sal ons in die besonder oorkoepelende bedryfsbeleid in werking moet stel ten einde konsekwentheid in die Wes-Kaap te bewerkstellig. Die primre taak van die besoedeling- en soliede afvalkomponent in ons departement sal die ontwikkeling van beleid en wetgewing oor hierdie sake wees.

Die Omgewingskommissaris sal ook in die dienstyd van hierdie Ministerie aan die gang kom. Die Kommissaris sal in 'n groot mate optree as ombudsman vir die omgewing en as 'n beskermer van laaste toevlug vir die omgewing. As 'n onafhanklike entiteit sal die Kommissaris goeie regering en besluitneming oor sake rakende die omgewing verseker en 'n belangrike brug tussen die dissiplines van beplanning en omgewingsake daarstel. Ek glo dat die Kantoor van die Omgewingskommissaris groter vertroue in besluitneming in die Provinsie teweeg sal bring. 'n Bedrag van R865 000 is vir hierdie doel toegewys.

'n Sleutelfunksie van Omgewingsake is die werk van die Omgewingsbestuureenheid, wat verantwoordelik is vir die inwerkingstelling van die omgewingsimpakevaluasieregulasies. Die eise wat aan hierdie eenheid gestel word, het eksponensiaal toegeneem tot die mate dat ons 'n bedrag van R3,4 miljoen toegewys het; 'n toename van 70%. Hierdie eenheid moet aandag gee aan die impak van verskillende bedrywighede op die omgewing - nie slegs ten opsigte van bewaring nie, maar ook ten opsigte van besoedeling, afvalbestuur, estetiek, visuele impak en so meer.

Ek wil weer afwyk van my toespraak om die Huis in te lig oor 'n paar skrikwekkende syfers ten opsigte van hierdie eenheid. In 'n memorandum wat in Januarie vanjaar deur die departement voorberei is, met die titel "The Socio-economic Cost of Delayed Environmental Approvals", is die volgende syfers beklemtoon. Uit 370 uitstaande gevalle is 147 vir hierdie studie gebruik. Dit toon aan dat indien al daardie aansoeke goedgekeur sou word, wat onwaarskynlik is, dit bykans 10 000 werkgeleenthede sou skep. Die waarde van daardie projekte het op R3,75 miljard te staan gekom. 'n Mens kan sien dat ons werklik meer geld in hierdie komponent sal moet stort as ons die goedkeuring of verwerping, wat die geval ook mag wees, van hierdie aansoeke wil vergemaklik.

Baie belangrik is dat enige verandering in bedrywighede gevalueer moet word ten opsigte van die uitwerking daarvan op die lewensgehalte van omliggende mense wat deur sodanige werksaamhede geraak word. Ten einde die tyd wat in beslag geneem word met die verwerking van aansoeke en die kundigheidsbasis wat gebruik word om aansoeke te evalueer, te diversifiseer, sal die Omgewingsbestuureenheid gebruik maak van die dienste van konsultante van buite om te help met die evaluering van aansoeke. Dit sal 'n kollegiale hersieningsproses in die bedryf bewerkstellig, wat ook daarop gemik is om die gehalte van die evaluasieverslae en die evaluasie daarvan te verhoog.

Ek moet die Huis egter waarsku dat die werklading van hierdie komponent elke jaar eksponensieel toeneem, soos ek ges het, en ons sou uiteindelik ontwikkeling en indiensneming aan bande kon l as ons nie die begrotingsvereistes van hierdie eenheid hersien nie.

Dit is duidelik dat ons goed op pad is met die verskuiwing van die paradigma in omgewingsake, weg van 'n konsentrasie op bewaring en natuurreservate na regering wat in die belang van alle mense op menseregte gebaseer is. Die inisiatiewe en planne wat kortliks hier uiteengesit is, sal deel uitmaak van 'n langer termyn strategie van die daarstelling van 'n volhoubare omgewing vir die mense van die Wes-Kaap.

Ek kom nou by Kultuursake. Die klem in Kultuursake, met 'n Begroting van R70,564 miljoen, is die lewering van dienste direk aan die mense van die Wes-Kaap. Die sleutelaspekte van hierdie lewering is die daarstelling en funksionering van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie, die funksionering van die Taalkomitee, biblioteekdienste, museumdienste, kultuurdienste en jeugkampe.

Soos in Omgewingsake het ons in Kultuursake ook die paradigma van bestuur verskuif. Die belangrikste is dat ons op 'n verskillende wyse sal omskryf wat kultuur is. Populre kultuur en die bewusmaking en betrokkenheid van die jeug by kultuur sal nou ondersteun word as 'n integrale deel van die bre definisie van kultuur. Die belangrikste instrumente vir hierdie verandering is die Kultuurkommissie en die Taalkomitee, wat die begin aandui van 'n era van demokratiese en verteenwoordigende bestuur in die kultuursake van die Wes-Kaap.

Die Wes-Kaapse Kultuurkommissie sal R10,146 miljoen van ons Begroting administreer ten opsigte van aansoeke wat gerig is deur die onderskeie organisasies wat betrokke is by die verskillende kultuuraktiwiteite. Dit is 'n verteenwoordigende liggaam van die mense in die Wes-Kaap, wat aangestel is deur 'n demokratiese proses, en die aanbevelings wat hulle binne ons beleidsraamwerk maak, sal dus die wil van die mense van hierdie provinsie weerspiel. Ek sou derhalwe hoop dat hierdie oop en deursigtige proses die kritiek van kultureel bevooroordeelde besteding sal stilmaak.

Die Wes-Kaapse Taalkomitee het in 1999 met sy werksaamhede begin en is ook deur middel van 'n oop en demokratiese proses aangestel. Die uitsluitlike doel daarvan is om veeltaligheid in die Wes-Kaap te bevorder en die korrekte ontwikkeling van voorheen gemarginaliseerde inheemse tale van die Wes-Kaap te verseker. 'n Bedrag van R602 000 word vir hierdie doel in die begroting voorsien. Die Grondwet bepaal inderdaad in artikel 30 dat "(e)lkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem", wat uiteindelik die mandaat van die Taalkomitee behoort te wees.

Deur Kultuursake kyk ons voorts na, en lewer ons bystand aan, jeug- en populre kultuur en die kulturele uitdrukkingswyse van mense in hul gemeenskappe. In hierdie verband sal ons help met die herlewing van die Kaapse Klopse, die uitvoerende kunste ondersteun, ten minste 30 jeugkampe aanbied - 6 500 jongmense is reeds vanjaar deur ons jeugkampe - en provinsiale meriete toekennings aan kunstenaars in die uitvoerende kunste administreer en toeken.

'n Onlangse nuwe skepping deur hierdie Ministerie is om 'n jaarlikse provinsiale kultuurtoekenning vir die uitvoerende kunste in te stel, wat toegeken sal word aan voortreflike individue wat uit die Wes-Kaap kom en wat 'n positiewe verandering aan die kultuurlandskap van die provinsie gemaak het, soos mnr Ray Ntlokwana, die mees onlangse ontvanger van hierdie toekenning.

In ons jeugkampe sal ons nie net ons jongmense toerus met lewensvaardighede wat van hulle leiers in hul gemeenskappe sal maak nie, maar ons spits ons ook toe op die stryd teen MIV/Vigs as 'n lewerbare uitset. Die teen-Vigs-veldtog het verder gevorder as blote bewusmaking- en opvoedingsprogramme en word nou gemik op veranderinge in lewenstyl en die aanpassing van gedrag. 'n Totaal van R2,2 miljoen word toegewys aan jeug- en jeugverwante projekte, met inbegrip van die administrasie van hierdie projekte.

Ons sal ook verdienstelike ad hoc-inisiatiewe wat deur gemeenskapskultuurorganisasies voorgestel word, vierings wat vir die provinsie belangrik is en belangrike kultuurgebeure bystaan.

Agb lede het dalk onlangs gehoor van die opwindende inisiatiewe wat ons gaan loods ten opsigte van die Kaapse Klopse. Hierdie grootliks verwaarloosde kulturele aktiwiteit, uit 'n amptelike oogpunt, lok elke jaar die maksimum skare na hul optredes, wat di by sokkerwedstryde en popmusiekopvoerings ver oorskry, en nogtans is dit tot dusver deur die Regering verwaarloos en soms aktief ontmoedig. Ons sal dit verander en die Kaapse Klopse sal een van die belangrikste kultuurgebeure in die Wes-Kaap word. Ons voorsien dat dit mettertyd met die Rio-karnivaal en die Mardi Gras-fees van New Orleans sal meeding. 'n Komitee is inderdaad reeds aangestel om te konsentreer op 'n karnivaal vir Kaapstad tydens die komende Desember en Januarie. Dit staan onder leiding van me Sheryl Ozinsky. My Ministerie en departement sal verseker dat die belangrikste begunstigdes van hierdie renaissance die Klopse self sal wees en dat die feeste outentiek Wes-Kaaps sal bly.

In totaal bedra die toewysing aan biblioteke in die vorm van subsidies en uitgawes vir materile leiding in hierdie Begroting R34,209 miljoen, wat 'n perspektief plaas op die omvang van lewering in biblioteekdienste in hierdie provinsie. Dit bly die terrein waarop ons die kultuurlewe van al die gemeenskappe, landelik en stedelik, die diepste kan binnedring en waar ons, deur kulturele sake, gemeenskapsopheffing kan bewerkstellig.

Biblioteekdienste gaan hand aan hand met opvoeding en die beskikbaarheid van tasbare hulpbronne vir minderbevoorregte gemeenskappe. Die uitdeel van subsidies om nuwe biblioteke te bou en bestaandes op te gradeer - almal in voorheen benadeelde gemeenskappe - gaan onverpoos voort. Twee nuwe biblioteke sal vanjaar in Parkwood en in Wellington gebou word. Dit is bo en behalwe die toewysing vir nuwe biblioteke in Zwelihle, Genadendal en Nqubela, en 'n opgradering by McGregor in die huidige begrotingsjaar.

Ek het uitstallings by die museums op Genadendal en Caledon bygewoon en eerstehands gesien hoe transformasie van museum-tentoonstellings 'n diepgaande verskil kan maak in die wyse waarop gemeenskappe hulself beskou en selfs hoe 'n gemeenskap homself omskryf. Transformasie van museums geniet derhalwe ho voorkeur. In hierdie nuwe begrotingsjaar sal omtrent vyf museums bygestaan word met die transformasie van hul uitstallings om die geskiedenis en demografie van ons gemeenskap omvattend te weerspiel. Daar sal ook drie reisende tentoonstellings wees, afgesien van die Anglo-Boereoorlog uitstalling.

Wuppertal en ander historiese landelike nedersettings sal steeds bygestaan word om die volhoubaarheid van hul landelike gemeenskappe deur middel van kultuur- en ekotoerisme te bevorder. 'n Bedrag van R13,991 miljoen, wat 9% hor is as hierdie jaar se toewysing, is vir museums opsy gesit.

Soos agb lede kan sien, ons het wegbeweeg van 'n beskouing van kultuur as slegs daardie uitdrukkingsmetodes waarna algemeen as "ho kultuur" verwys kan word. Ons glo dat daar 'n plek is vir die ballet, opera en orkes, maar dit moet teen die agtergrond van die werklikhede van die provinsie geskied en nie ten koste van ander wettige uitdrukkings van kultuur nie. Hierdie standpunte sal weerspiel word in ons jaarlikse provinsiale kultuurtoekennings.

Laastens, me die Voorsitter, wil ek aandag gee aan 'n saak wat oor al die portefeuljes en al die begrotings heen sny, en ons almal direk en indirek raak, en dit is MIV/Vigs. Ons kan nie meer bekostig om 'n passiewe benadering tot die bestryding van Vigs te h nie. Die oproep om aksie is 'n oproep om verder te gaan as die blote opvoeding van mense oor die gevare van die opdoen van die gevreesde virus of om hulle op die een of ander manier so bang te maak dat hulle risiko-vermydende optrede aanvaar. Dit is letterlik 'n geval van buig of bars. Dit is 'n geval van optree of sterf.

My departement en Ministerie sal Vigs-verwante werk inlyf by alles wat ons doen. Ons sal die Kaapse Klopse byvoorbeeld versoek om tydens hul optredes betrokke te raak by teen-Vigs-bedrywighede. In Omgewingsake sal ons net slaag in ons pogings ten opsigte van die bestryding van besoedeling en rommel deur mense te oorreed om hul optrede te verander. Dit is presies wat ons moet doen om die Vigs-virus te bestry, en dus is ons inisiatiewe in albei hierdie pogings aanvullend tot mekaar.

Ons sal dus in ons programme aandag gee aan veranderinge in lewenstyl en aan gedragsaanpassings ten einde sowel besoedeling as Vigs te voorkom. Die konsep sou byvoorbeeld een wees wat onder die enkele opskrif "Leef Skoon" uitgevoer kon word. Dit is maar net twee voorbeelde van hoe teen-Vigs-werksaamhede verweef sal word in die wesenlike elemente van die werk wat my departement sal verrig. Sodoende word die besteding wat met Vigs-verwante programme verband hou dus soortgelyk vervat in die begrotingstoewysing van die omgewings- en kultuurprogramme self.

Ten slotte is ek bly dat die besluitneming oor die toewysing van fondse in my Begroting hersien is. Ek is tevrede dat ons ons wetlike en grondwetlike pligte van regverdigheid en billikheid in die aanbieding van hierdie Begroting nakom en dat ons geleenthede skep vir ekonomiese bemagtiging. Met hierdie Begroting staan ons by ons verbintenis om ons meetbare sleuteloogmerke, MSOs, te bereik en aan die Huis te toon hoe dit bereik sal word.

*Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake gelukwens met sy Begrotingsrede. Ek wil die Departement van Omgewing- en Kultuursake ook gelukwens met die werk van die afgelope jaar en hulle verseker van die staande komitee se voortdurende ondersteuning.

Me die Voorsitter, ek wil graag vir dr Kane-Berman bedank vir die onbaatsugtige diens wat sy gelewer het, ...

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: ... en vir haar goeie samewerking met die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake. Namens die lede van die staande komitee wil ek vir haar 'n baie gesende rusperiode toewens, wanneer sy die tuig neerl op 31 Maart 2000.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

*Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, toe ek na die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake geluister het, het dit my opnuut getref watter belangrike rol taal in ons samelewing vervul. Taal is nie slegs die kommunikasiemedium wat ons gebruik nie, maar ook 'n belangrike deel van dit wat ons identiteit aan ons verleen. 

Oor die afgelope paar weke was daar baie bespreking rondom taal en die rol wat dit in skole, howe en hospitale vervul, waar geslaagde kommunikasie van die uiterste belang is. Die taalkwessie is weer eens in die NRVP gedebatteer, en ek glo dat solank ons 'n ware demokrasie het, dit steeds gedebatteer sal word, want dit vervul so 'n belangrike rol ...

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: ... in almal se lewens.

In die lig hiervan wil ek namens die staande komitee die agb Minister en die Wes-Kaapse TaalKomitee met sy bekwame lede ondersteun en hulle aanmoedig om uitvoering te gee aan die Wes-Kaapse Provinsiale Taalwet se stipulasies en vereistes. Dit is een van die doelstellings van hierdie komitee om te streef na die gelyke beregtiging van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap, naamlik Afrikaans, Engels en isiXhosa. Die Parlement en die Provinsiale Administrasie moet daadwerklik poog om vir al sy klinte in die Wes-Kaap 'n diens te bied in die amptelike taal van hul keuses.

*Om die Wes-Kaapse Taalkomitee in staat te stel om sy belangrike taak te verrig, is 'n bedrag van R603 000 opsy gesit as oordragbetalings in die komende boekjaar. Drie taalpraktisyns, wat die Taalkomitee met sy taak sal bystaan, sal betaal word uit fondse wat toegewys is aan personeelbesteding in die subprogram, Kultuurdienste.

Verskeie taalverwante projekte is van stapel gestuur en nog meer sal in die volgende jaar gefinansier word. Dit sal projekte insluit wat die gemarginaliseerde tale ontwikkel.

Ek kom nou by Kultuurdienste. Een van die mees dringende probleme waarvoor die professionele kunste in die Wes-Kaap te staan kom, is finansile oorlewing. Die agb Minister het gepraat oor die soeke na 'n permanente oplossing vir die toekoms van die uitvoerende kunste in die Wes-Kaap.

Alle soorte vrae kom by my op as ons oor die uitvoerende kunste praat. Kan ons die uitvoerende kunste bekostig, as ons na ander dringende sake soos die gebrek aan behuising, stygende misdaadstatistiek en gesondheidskwessies kyk, om maar 'n paar te noem? Ek stem saam dat al hierdie sake baie belangrik is. Hul belangrikheid word ook weerspiel in hul begrotingstoewysings. My vraag is egter of ons kan bekostig om nie professionele kunste-liggame te h wat vertoonvensters kan wees vir die kuns en kultuur van die Wes-Kaap nie.

As 'n toeris die Wes-Kaap besoek, wat verwag hy/sy om te kry? Die toeris soek sekerlik na die natuurskoon, ons erfenisplek en die skoonheid van ons mense. Ons moet hulpbronne en strategie beskikbaar stel wat die status van die Wes-Kaap as 'n kultuur leier onder die provinsies sal bevestig.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Ek wil dr Hein Willemse en sy span graag gelukwens met die sukses van die afgelope jaar, waartydens die Taalkommissie gestig is.

Die kommissie het die taak om die volgende aspekte te administreer. Daar is sewe kultuurfasiliteite wat in totaal 450 groepe oor die afgelope jaar geakkommodeer het. Meer as 270 jeuggroepe en meer as 27 000 mense het van hierdie geriewe gebruik gemaak. Meer as 1 087 projekte is goedgekeur, waarvan 112 jeugprojekte en 253 jeugverwant was; en meer as 1 400 befondsingsaansoeke is ontvang, wat subsidies ten bedrae van meer as R70 miljoen aangevra het.

Ek verstaan dat die kommissie ook baie besig is met die hersiening van die huidige beleid oor finansiering ten einde aanbevelings in hierdie verband aan die agb Minister te maak. Kultuurdienste kom te staan voor nuwe uitdagings in pogings om die beperkte hulpbronne tot hul beskikking te optimaliseer tot die maksimale voordeel van die gemeenskap wat hulle bedien.

Nog 'n aspek wat in die komende jaar beklemtoon kan word, is 'n aggressiewe bemarkingstrategie om die mense van die Wes-Kaap in selfs die mees minderbevoorregte gebiede ten opsigte van geografie, kultuur, ekonomie en fisiese ligging, in te lig oor die dienste en subsidies wat vir kultuurdienste beskikbaar is. Kennis is mag, en dit gee gelyke toegang tot die beskikbare hulpbronne.

Die Kaapse Klopse het die Wes-Kaapse Regering nog altyd na aan die hart gel. Ek is dankbaar dat die agb Minister en sy departement hierop gaan voortbou, sodat die optrede van die Kaapse Klopse altyd 'n hoogtepunt op die Wes-Kaapse kultuurkalender sal wees.

Me die Voorsitter, die staande komitee is terde bewus van die belangrikheid van biblioteke in ons gemeenskappe. Die biblioteke vorm die hoeksteen van ons onderwys. Ek is veral dankbaar vir die nuwe biblioteek wat in Nqubela op Robertson opgerig gaan word en vir die opgradering van die McGregor Biblioteek.

Mnr R J KING: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Dit is 'n bewys dat die Wes-Kaapse Regering werklik omgee vir die behoeftes van sy mense op die platteland.

Me die Voorsitter, in 1991 het die destydse Presidentsraad 'n omgewingsbestuursbeleid ontwikkel. Een van die aspekte waaraan ons as lede van die Presidentsraad aandag gegee het, was die kwessie van omgewingsopvoeding. Ons het veral ook aandag gegee aan die aspek van nie-formele omgewingsopvoeding.

*In daardie omgewingsbestuursbeleidsdokument was daar konsensus dat omgewingsopvoeding nie meer 'n onderwerp was wat slegs tot inrigtings beperk behoort te word nie. Dit was noodsaaklik dat omgewingsopvoeding 'n lewenslange proses moet wees wat al die mense die hele tyd betrek. [Tussenwerpsels.]

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr N M Isaacs): Orde!

Mnr A J WILLIAMS: Meneer, omgewingsopvoeding in die situasie buite die skool moet die volgende oogmerke h. Ten eerste moet dit 'n bewussyn skep dat die mens se bestaan en oorlewing afhang van die volhoubaarheid van skaars hulpbronne, wat op hul beurt afhang van die mens se wisselwerking met die omgewing.

Ten tweede moet omgewingsopvoeding mense aanmoedig om betrokke te raak by omgewingskwessies op gepaste vlakke, selfs al beteken dit ook dat mense hul huise en onmiddellike omgewing sal skoon hou. Hierdie bedrywighede sal van waarde wees as mense tot die besef gebring word dat hul bedrywighede 'n volhoubare omgewing bevorder.

Ten derde moet omgewingsopvoeding 'n gesindheid onder mense ontwikkel waarvolgens hulle sal eis dat die omgewing bewaar word.

Omgewingsopvoeding buite skoolverband kan drie vorms aanneem. Ten eerste kan dit 'n georganiseerde poging deur die een of ander sentrale liggaam wees om mense betrokke te maak. Ten tweede kan dit 'n spontane optrede deur individue of groepe mense wees om hulself te organiseer rondom f 'n algemene f spesifieke saak. Ten derde kan individue ander mense waarmee hulle in kontak kom, benvloed deur die voorbeeld wat hulle stel.

Navorsing moet oor opvoedingsprogramme gedoen word en hulle moet opgestel word vir spesifieke teikens en groepe. Dit behels die omskrywing van programoogmerke en die gebruik van die mees doeltreffende tegnieke en programme. [Tussenwerpsels.] Die inhoud van die programme moet noukeurig omskryf en uitgesoek word ten einde dit so doeltreffend moontlik te maak. Sodanige programme moet gereeld getoets word aan die programoogmerke en resultate wat behaal word in 'n poging om die doeltreffendheid daarvan te verhoog.

Meneer, ek hoop dat die Departement van Omgewing- en Kultuursake sal begin met 'n lewenskragtige poging om die mense in die Wes-Kaap op te voed dat die omgewing baie belangrik vir ons as die inwoners van hierdie provinsie is. [Toejuiging.]

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr N M Isaacs): Orde! Kameraad Markovitz, ... [Gelag.] ... u is besig om wanorde in die Huis te veroorsaak. Sal u asseblief u sitplek inneem? Ek roep ook die agb lid mnr Ismail tot orde. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Voorsitter, ek is bly dat u in die Stoel is en nie na my praat nie. [Gelag.]

Op 'n meer ernstige noot wil ons onsself graag vereenselwig met die voorsitter van die staande komitee se bedanking aan dr Kane-Berman vir die goeie werk wat sy in die departement gedoen het en ons wens haar voorspoed met haar aftrede toe.

Ons is baie besorg oor die toenemende marginalisasie van die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake deur die agb Premier en sy Kabinet. Ons is nie seker waarom dit aan die gebeur is nie, maar dit is vir ons baie duidelik dat dit besig is om te gebeur. Dit is direk in stryd met wat met die ander agb DP-Ministers aan die gang is. Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme is die de facto-Premier, die agb Minister van Onderwys is die lieflingskakelbeampte van die Kabinet en die agb Minister van Gesondheid bestuur die grootste enkele departement in die Provinsie. Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake word egter opsy geskuif.

Toe ek hom verlede week uitgevra het oor die kommissie van ondersoek na die brande wat die Skiereiland verwoes het - 'n belangrike omgewingsaak in die provinsie - het hy ges: "Ek weet nie. Vra die Premier daaroor." [Tussenwerpsels.] Wanneer ons na vergaderings oor die Ukuvuka-veldtog gaan en die agb Premier, wat in die raad dien, kan dit nie bywoon nie, dan gaan die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake nie in sy plek nie. In plaas daarvan is die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning daar. Ek het niks teen die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning se teenwoordigheid daar nie, maar dit is vir ons baie snaaks dat die agb Minister wat hierdie sake hanteer, in die proses opsy geskuif word. Miskien is dit omdat die agb Minister 'n lid van die ANC was en 'n vername pos in die DP aangebied is.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Voorsitter, op 'n punt van orde: die agb lid is besig om die Huis te mislei. Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake is 'n lid van die raad.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr N M Isaacs): Orde! Dit is nie 'n punt van orde nie. Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr M OZINSKY: Dit is 'n ernstige saak, want indien die agb Minister opsy geskuif word, dan word die departement opsy geskuif en die kwessies wat daardie departement hanteer, word ook opsy geskuif. [Tussenwerpsels.]

Ek het die agb Premier verlede week daarop gewys dat die agb Minister sy openbare amp misbruik het. Ons sal later in hierdie sitting na hierdie saak terugkom, want daar is 'n paar ander gevalle waarvan die agb Premier behoort te weet. Ons sal dit onder sy aandag bring. Ons sal nie toelaat dat die politiekery van die agb Minister die belangrikheid van die kwessie van die omgewing benvloed nie.

Ek wil eers melding maak van bruin sake. Uiteindelik, na 'n lang tydperk, word 'n bietjie geld, maar nie genoeg nie, aan bruin sake gegee. Dit is slegs R860 000, maar dit is ten minste 'n begin. Tans kan nywerhede, boere, ontwikkelaars en selfs plaaslike regerings doen wat hulle wil ten opsigte van besoedeling en daar is niemand om dit op te volg nie.

As die agb Minister s dat hy die geld sou gebruik om 'n bewustheid van die skoonmaak van omgewing te skep, hoop ek dat hy nie die voorbeeld van die Kaapse Metropolitaanse Raad oorkant die straat sal volg nie. Die agb lid mnr Winde het vroer vandag daarop gewys - en ek wil dit ook noem - dat die KMR duisende rande bestee aan slypskole in gemeenskappe oor riviersake, skoon water, opvangsgebied bestuur en dies meer. Hulle het 'n hele klomp ander uitdrukkings daarvoor. Presies dieselfde KMR wat probeer om mense oor hierdie sake op te voed, is egter verantwoordelik vir die besoedeling van die Kuilsrivier en die Eersterivier.

Dit is nie die eerste maal wat dit gebeur het nie. Volgens my berekenings het dit oor die afgelope vier maande ten minste drie maal gebeur dat hulle onverwerkte riool direk in daardie riviere ingepomp het. Daar is sommige mense wat daardeur bevoordeel word. Daar is boere in daardie omgewing wat meer as R1 miljoen in vergoeding van die KMR ontvang het omdat die riool op hul grond uitgepomp is. Die gewone mense in Macassar ly natuurlik onder die stank, die vlie en die sere wat op hul liggame verskyn het as gevolg hiervan.

Ek s dat R806 000 'n begin is, maar ons moet onsself nie in 'n posisie plaas waar ons goeie opvoedingswerk doen maar dit nie opvolg deur besoedeling inderdaad te beheer en te moniteer wat op die grond aan die gang is nie. Dit is my ernstige kommer.

As ons die R806 000 wat vir daardie saak gegee is, vergelyk met die R865 000 wat aan die Omgewingskommissaris gaan, iemand wat nog nie eers aangestel is nie, en wat volgens die agb Minister se eie erkenning eers aan die einde van die jaar aangestel word, het ons 'n probleem. Dit was natuurlik die gunsteling projek van die DP.

Ek wil ook by die kwessie van omgewingsimpakevaluasies kom. Ek is bly om te sien dat daar 'n toename in hierdie verband is. Ek is baie bekommerd - en ek is eintlik bang om dit in die Huis op te haal omdat ek vrees dat party mense kan opvolg wat ek s - dat mense in hierdie provinsie tans omgewingsimpakevaluasie kan slaag en 'n hele proses kan deurgaan, en daarna sal niemand sien of die omgewingsimpakevaluasies in werking gestel is nie. Niemand sal nagaan of wat in die omgewingsimpakevaluasie is dit is wat in die praktyk gebeur nie. Ons sal na die reses so 'n geval voor hierdie Huis bring. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Oor Cape Talk?

*Mnr M OZINSKY: Nee, nie oor Cape Talk nie.

Ons het hier 'n baie ernstige probleem, en dit gaan net vererger. Ek wil melding maak van ons ernstige kommer dat ons nie ons eie interne kapasiteit ontwikkel om omgewingsimpakevaluasies te hanteer nie. Ons gaan daardie proses oorhandig aan presies dieselfde mense wat die omgewingsimpakevaluasies opstel en ontwikkelaars van raad bedien oor maniere om die prosedure en die wet te omseil. Ons gaan die saak uitbestee.

Dit is nie waar dat dit 'n proses van kollegiale hersiening gaan wees nie. Om die waarheid te s, wat reeds bestaan is dat die proses van kollegiale hersiening reeds in die wetgewing is. Wat dit gaan doen, is om 'n situasie te skep soortgelyk aan een wat in die beplanningsdepartement heers, waar presies dieselfde mense wat aansoeke namens ontwikkelaars voorl diegene is wat daardie aansoeke nagaan. [Tussenwerpsels.]

'n AGB LID: U kan dieselfde s oor visserye. Dit is presies dieselfde.

Mnr M OZINSKY: As ons by visserye uitkom, kan daardie agb lid daardie punt ophaal.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Max, waarom praat jy nie oor die tribunale van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering nie? Hulle sit met presies dieselfde probleem.

*Mnr M OZINSKY: Ons is op die oomblik besig met die omgewing en nie met beplanning nie.

Die probleem is dat ons toenemend sal ervaar dat personeellede van die Provinsiale Administrasie die Administrasie verlaat om hul eie konsultante-ondernemings te stig om die werk te doen wat hulle voorheen in hierdie departement verrig het. Dit is presies wat in die departement van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning gebeur het. Sodra ons toelaat dat prosesse wat by die regering hoort, uitbestee word aan private ondernemings, skep ons 'n situasie waarin mense die stelsel gebruik om vinnig geld te maak. [Tussenwerpsels.] In hierdie geval is dit erger, want ons is besig met 'n sleutelkwessie rakende die ekonomie en die toekomstige ontwikkeling van die provinsie. As ons nou die omgewing opmors deur onstrategiese ontwikkeling en prosesse, sal ons dit nie ongedaan kan maak nie.

Miskien word dit gedoen om korttermyn redes wat met begrotings verband hou, maar ons weet nie werklik waarom dit gedoen word nie. Sover ek weet, kom die kwessie van begrotings nie eens ter sprake nie, want in die staande komitee het ek gevra of 'n evaluasie gemaak is en of dit goedkoper sal wees om dit uit te bestee of dit intern te doen. Daar was geen antwoord nie. Die evaluasie is nie gemaak nie. Al gevolgtrekking waartoe ek kan kom, is dat daar om ideologiese redes - met ander woorde, om 'n klein regering te h - besluit is om hierdie saak uit te bestee en die langtermyn oorlewing van die omgewing in hierdie provinsie in die gevaar te stel. Dit is inderdaad 'n baie ernstige saak.

Die laaste punt wat ek wil ophaal, gaan oor Dassenberg. Ek wil hier laat boekstaaf dat die ANC een kenmerk het wat hom veel groter maak as enige ander politieke party wat in hierdie provinsie en hierdie land bestaan, en dit is sy vermo om verskoning te vra as hy foute begaan. [Tussenwerpsels.] Ek wil die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning daarop wys dat van die vier mense wat in die komitee van die Suid-Skiereiland Munisipaliteit gestem het, drie Nuwe NP-lede was. [Tussenwerpsels.] Hulle was nie almal ANC-lede nie. Die agb Minister moes dit reggestel het. Slegs een was 'n ANC-lid. Ek het met daardie lid en ander ANC-raadslede in die Suid-Skiereiland Munisipaliteit gepraat en ons het die saak bespreek. Ons hoop dat 'n soortgelyke situasie nie sal opduik nie. Ons is bereid om om verskoning te vra. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Wie is "ons"? Die hele ANC of net die ANC hier?

*Mnr M OZINSKY: Ons is deel van die ANC. [Tussenwerpsels.] Ons is bereid om om verskoning te vra as ons foute begaan, maar ons sou graag wou sien dat die ander kant ook soortgelyke stappe doen. [Tussenwerpsels.]

Die TYDELIKE VOORSITTER (mnr N M Isaacs): Orde! Agb lede moet nie so opgewonde raak nie. Hulle moet my nie dwing om ingevolge Rel 41 te beslis nie. Ek sien die agb lid mnr Lewis.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Voorsitter, ek wil ter aanvang die amptenare van die Departement van Omgewing- en Kultuursake bedank vir die werk wat hulle doen met die beperkte Begroting tot hul beskikking.

Meneer, ek wil vanmiddag graag my bydrae meer met betrekking tot kultuuraangeleenthede lewer dan omgewingsaangeleenthede. Ek was bevoorreg om verlede Sondag by Vygieskraal die byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Kersorkesraad by te woon. 'n Stuk of 11 unies van regoor die Wes-Kaap het die byeenkoms bygewoon. Dit was goed om te kon sien hoe mense aan 'n kultuur getrou bly. Dit is 'n kultuur wat ontstaan het na die vrystelling van slawe, met die koms van Duitsers na Suid-Afrika en die vermenging wat plaasgevind het, en die besondere klem wat hulle geplaas het op Ou Kersaand.

Wat egter vir my tragies was by daardie geleentheid, was dat so min mense weet van hierdie belangrike kultuurerfenis van 'n gemeenskap. Die afwesigheid van die media, hetsy die gedrukte of elektroniese media, was skokkend, veral nadat ek die president genader het om te hoor waarom hulle nie die media uitgenooi het om ook hierdie kultuurgeskiedenis na buite uit te dra nie. Hy het my meegedeel dat die media oor die afgelope vyf, ses jaar nie belanggestel het in wat daar gebeur nie. Ek vind dit tragies.

Mnr die Voorsitter, 'n volk of 'n gemeenskap sonder 'n kultuurbasis is 'n verlore volk of 'n verlore gemeenskap. In 'n tydperk waar baie van ons mense worstel met die koms van demokrasie, waar baie mense worstel met transformasie, waar mense in hul verwagtinge van die nuwe Suid-Afrika teleurgestel is en waar mense gebuk gaan onder werkloosheid, is dit belangrik dat ons aan diesulke mense iets gee wat kan meehelp om hul identiteit en menswaardigheid te behou. Ek glo kultuur en kultuurverwante aangeleenthede is 'n voertuig wat ons kan help om hierdie uitdaging die hoof te bied. Ons moet onsself afvra: hoe en wat investeer ons in die kultuurerfenis van ons mense?

Mnr die Voorsitter, ek wil 'n paar minute aan biblioteke spandeer. Ek wil graag aanhaal uit die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake se voorlegging. Met verwysing na biblioteekdienste s hy, en ek haal aan:

Dit bly die terrein waarop ons die kultuurlewe van al die gemeenskappe, landelik en stedelik, die diepste kan binnedring en waar ons, deur kulturele sake, gemeenskapsopheffing kan bewerkstellig.

Biblioteekdienste gaan hand aan hand met opvoeding en die beskikbaarheid van tasbare hulpbronne vir minderbevoorregte gemeenskappe.

Ek het gekyk na al die inligting rakende biblioteke. Ek het dit insiggewend gevind, en moontlik ook teleurstellend. As ek kyk na die 286 biblioteke in die Wes-Kaap, kry ek amper die indruk dat die status quo van die biblioteke onveranderd gebly het sedert 1994. Met ander woorde, daar waar 'n groter konsentrasie van biblioteke was, skyn vir my nrens 'n poging aangewend te wees om biblioteke te rasionaliseer en daardie biblioteekdienste te versprei na die punte waar dit ook benodig word nie.

Kom ek noem 'n paar voorbeelde. Op 'n dorpie soos Darling is twee biblioteke, op 'n dorpie soos Uniondale is drie biblioteke, en hoeveel ander gemeenskappe sit totaal sonder biblioteke? Dit kos politieke wil om na 'n gemeenskap te gaan waar twee biblioteke is en vir hulle te s dat dit tyd geword het dat een biblioteek gesluit moet word sodat slegs een diens gelewer word.

Daarmee saam is die ingesteldheid - en ek dink dit is moeiliker en verg meer politieke wil - dat wanneer een biblioteek gewoonlik gesluit word, die biblioteek in die dorp oop bly en die biblioteek in die lokasie gesluit word. Dit behoort eerder andersom te wees. Dit is juis die biblioteke in die lokasie wat moet oop bly en di in die dorp moet gesluit word, om mee te help aan die proses van die integrasie van gemeenskappe.

In die inligtingstuk oor biblioteke het ek dit interessant gevind dat daar in elke gevangenis 'n biblioteek is, en in sommige gevangenisse twee. Hoeveel gemeenskappe - wetsgehoorsame burgers - het nie biblioteke nie? Daar bestaan amper 'n persepsie dat as 'n mens 'n goeie boek of toegang tot 'n biblioteek wil h, jy eers moet oortree. Op daardie manier kan 'n mens in die tronk kom en toegang tot 'n biblioteek h. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, die pleidooi wat ek tot die agb Minister en die departement wil rig, is om werklik ondersoek in te stel na waar hierdie biblioteekhulpbronne is, en om 'n poging aan te wend om werklik op 'n effektiewe, doelgerigte manier, en met politieke wil, te probeer om ook die biblioteekdienste te versprei na waar dit werklik nodig is. [Toejuiging.]

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Voorsitter, ek wil aansluit by my kollegas en die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake en sy departement gelukwens met hierdie Begroting.
Om getrou te bly aan my doelwit om aandag te gee aan strategiese doelwit nommer vier van ons Provinsie se beleidsoogmerke, naamlik om die verspreiding van MIV en tuberkulose te bekamp, wil ek 'n paar van die projekte uitlig wat hierdie departement onderneem het.

Laat my eers toe om die agb Minister van Behuising te bedank wat gister sy inisiatief om aandag te gee aan die behoeftes van Vigs-slagoffers deur middel van bestaande beleidsrigtings in sy departement beklemtoon het.

Mnr die Voorsitter, namens die 4 miljoen Suid-Afrikaners wat met die virus besmet is, wil ek die agb Minister bedank omdat hy na vore gekom het met die inisiatiewe soos die een wat hy vandag aangekondig het, naamlik om die Kaapse Klopse tydens hul optredes betrokke te maak by teen-Vigs-bedrywighede.

Voorts is ek ontroer deur die opregte pogings van die agb Premier en alle agb Ministers en hul onmiddellike reaksie om die erns van MIV/Vigs te beklemtoon deur maniere en projekte te soek om te help om hierdie plaag te bestry. Daar l vir ons 'n moeilike pad voor, maar deur ons pogings te kombineer, sal die span van die Wes-Kaapse Regering suksesvol wees.

Statistieke toon dat Vigs-infeksies onder Suid-Afrikaanse tienermeisies tussen 1997 en 1998 met 65% toegeneem het. In die ouderdomsgroep 15 jaar tot 19 jaar was 21% MIV-positief. Die skerp toename kan toegeskryf word aan verskeie wanopvattings, met inbegrip van die bygeloof dat MIV-besmette mans van die virus ontslae kan raak as hulle omgang het met maagde. Die risiko vir ons jong meisies en dogters is skrikwekkend. Ek sidder by die gedagte daaraan.

Daar word verwag dat ongeveer 250 000 Suid-Afrikaners binne drie jaar elke jaar aan Vigs-verwante siektes sal sterf. Daarom is die rol wat hierdie departement moet vervul, kernbelangrik om ons jongmense en komende geslagte te red.

Dit is vir my aangenaam om te noem dat die komitee in die Departement van Omgewing- en Kultuursake aandag gegee het aan verskeie sake rakende MIV/Vigs. Dit is onder meer Vigs in die werkplek, Vigs-voorkoming vir 'n beter toekoms, bewusmakingsveldtogte rakende MIV/Vigs en hoe die sleutel meetbare oogmerke 'n bewussyn van MIV/Vigs kan weerspiel.

Programme oor die siekte word gereeld by die jeugkampe aangebied en die departement is 'n vennoot in 'n projek wat deur die nasionale Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie gefinansier word, die sogenaamde "Paper Prayers Project", wat daarop gemik is om MIV-positiewe mense te betrek by die maak van afdrukke en 'n kunsterapieprogram. Die departement het ook kondoomverspreidingsprogramme by al sy kantore, afgele kampterreine en kultuursentrums. Voorts het dit gereeld kontak met die provinsiale Departemente van Gesondheid en Maatskaplike Dienste oor sake rakende MIV/Vigs.

Die Fynbos Werk vir Water-projek (FWWP) het die volgende proses aan die gang: ten eerste, die vestiging van institusionele kapasiteit deur vrywillige MIV/Vigs-komitees in elk van die 40 kampe te vestig; ten tweede, die opleiding van vrywilligers om berading vir tydgenote te doen; ten derde, die opbou van 'n databasis; en ten vierde, die opstel van 'n MIV/Vigs-beleid vir die Wes-Kaapse departement.

Wat die projek oor Vigs in die werkplek betref, kan ek agb lede inlig dat dit tans bestaan uit 'n nuusbrief en bewusmakingsveldtogte. Om direkteur Janet Pillai, wat die voorsitter van die komitee vir haar departement is, aan te haal: "Hoe langer ons stilbly, hoe langer sit ons die onkunde en stigma rondom die siekte voort."

Ons in die Wes-Kaap onderneem om te praat en dit te verander.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Voorsitter, ek neem graag deel aan hierdie debat. Ek bedank die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake vir sy aanbieding vandag. Dit lyk asof baie paradigmas besig is om te verander. Ek wil ook graag die departement voorspoed toewens vir die komende jaar.

In vandag se moderne en humanistiese samelewing is dit opvallend hoe "nuwe" waardestelsels tradisionele kultuuruitdrukkingsvorme binnegedring het; alles onder die dekmantel van vordering en verstandsontwikkeling. Soos die geskiedenis keer op keer bewys het, is nie alle vordering goeie vordering nie en nie alle verandering is goeie verandering nie.

Ons verwelkom die stigting van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en dit ly geen twyfel nie dat dit 'n einde sal maak aan die kritiek oor kultureel bevooroordeelde besteding. Ek moet egter s dat die ACDP bekommerd is oor die paradigma verskuiwing na wat die agb Minister "populre kultuur" noem. My vraag vandag is: wat beskou die agb Minister en sy departement as populre kultuur?

In sy toespraak vandag het die agb Minister wel genoem dat 'n beleidsraamwerk opgestel sou word deur mense wat demokraties verkies is ... [Tussenwerpsels.] ... maar R10,146 miljoen is beskikbaar gestel vir hierdie kommissie, en dit is baie geld.

Daar is 'n vraag wat ek vandag aan die agb Minister wil stel. Soos ons weet, het J&B Whisky nie te lank terug nie die Gay en Lesbiese Filmfees met 'n groot bedrag geborg. Sou dit in die provinsie as populre kultuur beskou word?

Die konsep van vryheid van uitdrukking het die goedkeuring geword om mense te "vermaak" en daar is inbreuk gemaak op mense se grense. Ons as die ACDP glo dat die agb Minister 'n definitiewe verantwoordelikheid in die toekenning van fondse het om gesonde morele standaarde te verseker.

In hierdie verband wil ek die agb Minister gelukwens met die nuwe en opwindende inisiatief rakende die Kaapse Klopse. Dit moet beslis aangemoedig en versorg word. Ons ondersteun ook die konsep van jeugkampe om die nodige lewensvaardighede aan hulle te leer en hulle op te voed rakende MIV/Vigs, waarna ook deur 'n vorige spreker verwys is. Daar moet 'n aanpassing in lewenstyl en optrede wees.

Wat die omgewing betref, hoewel ons as die ACDP nie 'n probleem voorsien met die paradigma verskuiwing rakende artikel 24 in die Handves van Regte nie, naamlik dat meer klem as vertrekpunt op die welsyn van ons mense gel sal word, moet ons versigtig wees. Hoewel die agb Minister geprys moet word vir die besteding van R806 000 aan bruin sake, is dit kwalik 'n paradigma verskuiwing in 'n totale begroting van R59 miljoen.

Die twee groot gevare vir die omgewing is aan die een kant nywerheidsafval, gerugsteun deur groot geld, en aan die ander kant, onbelemmerde groei op die gebied van informele behuising, wat deur die nasionale Regering ondersteun word. Solank hierdie tweeling probleme van teenoorgestelde kante van die sosio-ekonomiese spektrum nie aandag geniet nie, sal dit onmoontlik wees om te verseker dat die omgewing nie skadelik is vir die gesondheid en welsyn van ons mense nie of om die omgewing te beskerm tot voordeel van huidige en toekomstige geslagte.

Ons prys ook die departement vir die daarstelling van die Wes-Kaapse Raad op Natuurbewaring, wat op 1 April in werking sal tree, met die kernbelangrike funksie om ekotoerisme in die provinsie te ontsluit. Dit gaan nie net oor toerisme nie, maar dit gaan oor ekonomiese groei en opvoeding van die publiek om verantwoordelikheid te aanvaar om na die omgewing om te sien.

In vandag se aanbieding deur die agb Minister en in die handleidings wat aan ons verskaf is, is daar baie min oor biosfeeropleiding. Dit bekommer ons, want ons sien dat daar baie klem op beplanning is. Ek glo vas dat Unesco se program oor biosfeeropleiding en die beskikbare fondse so belangrik is. Hoewel die agb Minister s dat die Omgewingskommissaris 'n skakel tussen beplanning en die omgewing sal vorm, dink ek dat die totale opleiding wat deur die departement nagestreef moet word, kernbelangrik is vir die bestaan van biosfere.

Ons is ook bly oor die Omgewingskommissaris wat in die lewe geroep gaan word. Die enigste probleem is dat ek nie weet of die Kommissaris inderdaad in staat sal wees om 'n brug tussen beplanning en die omgewing te vorm nie, want daar kan baie tegniese probleme wees. Dit sou interessant wees om die werking van die kommissie te beskou as dit eers aan die gang is.

Ja, ons het 'n paradigma verskuiwing nodig. Ons het 'n benadering nodig wat nou aandag gee aan die probleme. Ons sal die omgewing bestuur. Ons sal nie wag vir die uitslae van 'n twee-jaar omgewingsimpakevaluering voor ons die vrystelling van gifstowwe in riviere beindig nie. Ek dink die agb lid mnr Ozinsky het melding gemaak hiervan, en ek moet met hom saamstem. Dit is 'n werklike feit en 'n kritieke vraagstuk dat mense omgewingsimpakevaluasie publiseer en dat daar niemand is wat hulle moniteer of kontroleer nie. Ons sal die slegste aanvaar totdat die OIE die teendeel bewys, want ons het te doen met iets wat selde omgekeer kan word.

Ten slotte, die kultuur van die mens en sy omgewing kan 'n bevolking maak of breek. Hierdie agb Minister het die groot verantwoordelikheid om billikheid en regverdigheid van plig te verseker en om vooruitgang op so 'n wyse te bevorder dat mense self voortdurend verander en mense met gesonde morele waardes word, met 'n respek vir ons omgewing wat hoop op 'n beter mre waar realistiese drome en verwagtinge verwesenlik kan word.

As dit die doelstelling van die agb Minister is, sal ons hom ondersteun.

*Me M G VANTURA: Me die Voorsitter, ek gaan nie vandag praat oor kultuur as 'n vorm van dans, musiek, kuns, letterkunde of drama nie. Ek dink daar is genoeg oor daardie vasgestelde omskrywing van kultuur ges. Ek gaan praat oor kultuur as 'n lewenswyse vir ons as Suid-Afrikaners soos ons probeer om onsself tot 'n renboogstasie te transformeer.

Ons is almal vertroud met die uitdrukkings van 'n kultuur van aanleer en onderrig; 'n kultuur van nie-geweld; 'n kultuur van verdraagsaamheid; 'n kultuur van nie-rassigheid, en 'n kultuur van menseregte.

Om hierdie veldtogte te vorder, is 'n baie stadige proses, want apartheid kolonialiste het eeue lank die talente, die kreatiwiteit en die vermo van die meerderheid Suid-Afrikaners sistematies onderdruk. Mense is kultureel verarm sodat hulle suksesvol kon aanpas by die lewe in 'n snel veranderende gemeenskap. Kulturele verarming kan verantwoordelik wees vir die toename in lae-inkomste gesinne, geweld en mishandeling; die gevolge van die dopstelsel; en die ho voorkoms van TB in ons provinsie.

Ons moet nou ons renboognasie uitbou in 'n samelewing wat nie omskryf word op grond van ras, etnisiteit, taal, godsdiens, kultuur of ander sodanige oorwegings nie, maar ons moet die weg aandui na 'n beter lewe vir almal.

Me die Voorsitter, die kultuur van aanleer en onderrig moet die diepste wese van elke onderwyser, leerling en ouer sowel as die samelewing raak. Ons moet streef na voortgesette motivering, die opbou van die selfbeeld van leerders en onderwysers, en die skep van ruimte vir kreatiwiteit. Ons moet leerders nie ontneem van geleenthede om hul hoogste vlak te bereik en van die beste burgers te word nie.

Hoe skep ons kultuur van nie-geweld as moord, verkragting en mishandeling aan die orde van die dag is in hierdie provinsie? [Tussenwerpsels.] Vroue moet hul stemme laat hoor om die strate terug te neem, of verkies om in vrees te leef. Wat doen die departement wat vir veiligheid en sekuriteit verantwoordelik is om 'n kultuur van nie-geweld te bevorder? [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, 'n kultuur van menseregte is 'n grondliggende voorwaarde vir bevryding. Alle burgers in hierdie provinsie moet veilig, beskut en beskermend voel om 'n nasie op die grondslag van gelykheid te bou. Ons howe, gesondheidsdienste, maatskaplike dienste en onderwys moet verseker dat hierdie beginsels gehandhaaf word.

Vir baie jare is die minderheidsektor in ons samelewing op alle vlakke bevoorreg - onderwys, gesondheid, werk, kuns en kultuur. Ons nuwe Regering het wetgewing daargestel om die ongeregtighede van die verlede reg te stel, maar ons het 'n kultuur van verdraagsaamheid nodig. Ons moet nie net bloot aanvaar dat veranderinge outomaties oornag sal plaasvind nie; daar moet werk gemaak word daarvan. Diegene wat vaardighede bekom het deur apartheid het 'n morele plig om dit met di te deel wat nie so gelukkig is nie. [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde!

Me M G VANTURA: Me die Voorsitter, kultuur gaan nie net oor die uitdeel van geld - en ek kan byvoeg op 'n baie vreemde ongelyke wyse - aan honderde organisasies om dalk die ou orde te behou, etnisiteit te handhaaf, mense afhanklik te maak van wat uitgedeel word of bloot om goed te doen nie. Die kultuur van uitdeling het duisende minderbevoorregte mense, veral enkel vroue, geheel en al afhanklik van die Staat gemaak. Ons kom nou te staan voor die probleem dat ons nie in staat is om die bevooroordeelde denke van mense te verander in 'n kultuur van mededeelsaamheid nie. In plaas daarvan word dit gebruik om mense verder met rampspoedige gevolge in die verkiesingsveldtogte te verarm en om die hand wat hulle voed, aan bewind te hou.
Al die verskillende departemente in hul Begrotings behoort in hul programme 'n kultuur van aanleer, 'n kultuur van verdraagsaamheid, 'n kultuur van menseregte en 'n kultuur van nie-geweld te integreer.

Me die Voorsitter, ek is vanoggend by die ingang tot die Provinsiale Parlement begroet deur 'n nuwe swart gesig - 'n vrou. Hierdie verandering is 'n direkte gevolg van die punte wat ons in hierdie Huis opgehaal het. Dit het my laat besef dat ons inderdaad die vlymskerp opposisie is, want ons is ernstig oor transformasie en ons sal dit voortdurend in hierdie Huis ophaal.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Voor ek die agb lid me Versfeld sien, versoek ek lede weer eens om kort tussenwerpsels te maak. Ek kom agter dat die lang sinne wat gebruik word om agb lede gedurig uit te vra terwyl hulle aan die woord is, hulle nie toelaat om hul toesprake te voltooi nie. Ons moet aan hulle die geleentheid bied om hul toesprake te voltooi. Ek sien die agb lid me Versfeld.

Me A M VERSFELD: Me die Voorsitter, baie dankie vir die geleentheid om aan die debat deel te neem. Ja, dit is so dat as mense geen rede het om waarde te heg aan die omgewing waarin hulle woon nie, sal hulle ook geen verantwoordelikheid vir hul brer omgewing aanvaar nie. As die Regering verbind is tot maatskaplike opheffing, sal die hor lewensgehalte die betrokke gemeenskappe lei en toerus om die omgewing volhoubaar te bestuur.

Hierdie verantwoordelikheid vir die welsyn van die omgewing, of vir die sorg van die aarde, sal sterker na vore tree as die Regering ook kwessies sal aanspreek soos eiendomsreg en toegangsreg. Omgewingsopvoeding, of bewaringsopvoeding en -opleiding is reeds 'n noodsaaklike bestanddeel van die nasionale kwalifikasieraamwerk, en vorm deel van Kurrikulum 2005. Di opleiding sal help met vennootskappe tussen bewaringsorganisasies en gemeenskappe.

Die Regering het dus drie primre pligte - maatskaplike opheffing, eiendomsreg en toegangsregte.

Me die Voorsitter, ons het ook nou 'n Dow Jones vir die omgewing, naamlik die Lewende Planeet Indeks. Volgens hierdie indeks het een derde van die natuurlike hulpbronne wreldwyd sedert 1970 verdwyn. Indien hierdie indeks daal, is ons wreldwyd besig om te veel natuurlike hulpbronne te verbruik en sodoende te veel besoedeling te veroorsaak.

Volgens die Lewende Planeet Indeks het ons varswater ekostelsels met 50% afgeneem sedert 1970, die mariene-ekostelsels met 30% en die natuurlike woude met 10%. Die sorgwekkendste van almal is die agteruitgang van varswatermere, riviere en vleilande.

Conservation International het 'n verslag vrygestel van die mees krities bedreigde ekostelsels in die wreld. Die eerste is die Renwoude in Suid-Amerika, die tweede is die verkragting van die woude in Madagaskar en die derde die Wes-Kaapse fynbos, wat 8 600 spesies huisves, waarvan 5 800 nrens anders in die wreld voorkom nie.

Tussen Milnerton en Muizenberg is die bedreigde plantspesies per vierkante meter meer as enige ander plek in die wreld. Verder het ons die vetplante van die Karoo, wat die grootste verskeidenheid flora van enige halfdro ekostelsel in die wreld het. Wat 'n gewillige aarde het ons nie!

Verder is Suid-Afrika een van die 17 lande wreldwyd waarin twee derdes van die aarde se biologiese hulpbronne voorkom. Vandeesweek is die Internasionale Waterweek, en Suid-Afrika was een van die eerste ondertekenaars van die Ramsar-konvensie, maar die vleilande in die Wes-Kaap, veral op die Kaapse Vlakte, is van die mees bedreigde en besoedelde en die mees onbeskermde ekostelsels in Suid-Afrika. Hoewel die ondergrondse waterbron baie sterk is, kan dit geensins gebruik word nie, want die water is te besoedel.

Met uitsondering van die klein natuurreservaat by Wolfgat, is daar is geen natuurreservaat wat die Kaapse Vlakte se vleilande insluit nie. En dan is dit nie vir ons vreemd as Macassar gebuk gaan onder die geweldige besoedeling van die Eersterivier nie.

Iemand het ges, en ek haal aan:

In effective waste management we know that there is no such thing as far away. Proper waste management practices are inseparable from sustainable development. To deal with waste effectively, is not a question of technology or excessive funding, but rather of developing the right institutional framework for waste management.

Ek dink daarvoor het ons die regte Minister.

Me die Voorsitter, die besoedelde rivierwater word afgevoer na die see. Gesonde marienelewe kan net voortbestaan as daar skoon en gesonde riviere is.

Dit bring my by die hawens in hierdie provinsie - geproklameerde hawens, sowel as ongeproklameerde hawens. So onlangs as verlede week moes Lambertsbaai, Saldanhabaai en Houtbaai hul sleephellings toemaak, want daar word niks gedoen aan die opgradering van die hawens in hierdie provinsie nie.

Verlede week het mense my kom spreek, wat hulself die Coastal Constructures noem. Hulle is in Paardeneiland, en daar is 19 van hulle. Dit is die eerste keer vandat ek Lid van die Provinsiale Parlement is, dat mense vir my kom spreek en vir my s: "Mevrou, ons het nie werk nie. Ons sit daar. Ons word betaal. Ons het nie werk nie." [Tussenwerpsels.] Hulle het werk, maar hulle het nie werk om te doen nie. [Tussenwerpsels.] Hulle kry betaling - luister na wat ek s - maar hulle het nie werk om te doen nie.

Die een man het vir my ges hy spandeer R450 per maand om van Houtbaai na Paardeneiland te ry om te gaan werk. Hulle het die toerusting en alles wat hulle nodig het om te werk, maar hulle werk nie - hulle sit hulle en verveel in die kampie in die agterplaas. Ek doen daarom 'n beroep op die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake. Ek sien in die besigheidsplan van die nasionale departement stel hulle voor dat hawens geprivatiseer word.

Ons staan aan die vooraand van die toetrede van die nuwe Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad, en ek dink dit is vir hulle 'n wonderlike geleentheid om in 'n private vennootskap te gaan sodat hulle na die hawens kan omsien. Ek is seker hulle sal dit baie beter bestuur as wat die nasionale departement dit tans doen.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Me A M VERSFELD: Me die Voorsitter, ten slotte wens ek die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake en die nuwe Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad alle voorspoed toe. Dit is 'n baie groot taak wat op hulle wag. [Toejuiging.]

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek wil begin deur my stem te voeg by di van die agb lid mnr A J Williams deur die hoof van hierdie departement, dr Kane-Berman, 'n gelukkige aftrede toe te wens. Anders as die agb lid mnr Williams, wens ek haar nie 'n vreedsame, rustige aftrede toe nie; gaan uit en geniet dit, u verdien dit!

'n AGB LID: Word 'n konsultant.

Me T ESSOP: En moet nie 'n konsultant word nie; kom weg van dit alles!

Die provinsiale Grondwet maak in artikel 70 voorsiening vir kultuurrade. Ingevolge daardie artikel, en ek haal aan:

	Provinsiale wetgewing ...

- en provinsiale wetgewing is uitgevaardig -

	... moet voorsiening maak vir die instelling en redelike finansiering, binne die beskikbare middele van Wes-Kaap, vir 'n kultuurraad of rade ...

- om destyds aan die vereistes van die VF te voldoen -

	... vir 'n gemeenskap of gemeenskappe in Wes-Kaap wat 'n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel.

Waar bevind ons onsself vandag? Ons het nou die stigting van die Wes-Kaapse kommissie. Ek wil laat boekstaaf dat ek kultuur, die behoefte om kulturele werksaamhede te bevorder en al die kwessies wat die agb lid me Vantura in haar toespraak opgehaal het, sterk ondersteun. My groot bron van kommer, en dit is een wat ek jaar in en jaar uit verwoord het as ons die kultuurbegroting hanteer het, is die bestuur van fondse in die provinsie, veral in 'n provinsie waar daar beperkte hulpbronne is.

Ons het nou vir 'n paar jaar al die toedrag van sake waar die kultuurbegroting nogal 'n aansienlike begroting was. In een spesifieke jaar het hulle 'n taamlike groot bedrag bespaar. Ons het vrae gevra oor hoe die geld bestee is. Die vraag is vandag nog toepaslik.

Ek wil nog by die agb Minister weet watter maatstawwe deur hierdie Kultuurkommissie gebruik word en watter prosedure gevolg word as kultuurorganisasies in die provinsie befonds word. Ons het uiteindelik 'n lys van die getal organisasies ontvang wat in hierdie provinsie gefinansier word. Dit is nogal 'n dik dokument, en wat ek hier het, is nie die hele dokument nie.

Toe ek deur die dokument gelees het, het ek gewonder oor die finansiering en die maatstawwe wat toegepas word. In party gevalle word R80 en R30 aan sekere organisasies gegee. 'n Organisasie het R80 ontvang vir sylintborduurwerk. 'n Ander een het R30 ontvang vir 'n voedseldemonstrasie. Is hierdie bedrae in kontant aan hulle gegee, of is dit inderdaad in die vorm van 'n tjek verskaf? As 'n tjek aan hulle gegee is, maak dit my bekommerd, want dit sal die Administrasie baie meer kos as die tjek wat aan daardie organisasies uitgereik is.

Toe ek verder deur die dokument gegaan het, het ek ook afgekom op 'n baie interessante klomp organisasies wat befonds is. Ek wil 'n paar voorbeelde noem, want dit laat die vraag van maatstawwe ontstaan. Ek glo dat daar 'n fyn onderskeid tussen kultuur, polisiedienste, sport en ontspanning is. In hierdie departement finansier die agb Minister 'n paar baie interessante projekte. Ek is nie seker hoe dit met kultuur verband hou nie, en miskien sou iemand aan my 'n les in kultuur kon gee; ek sal dit waardeer.

Ons het 'n interessante organisasie wat nie 'n spesifieke titel het nie, maar as die TBHC bekend staan. Ek het probeer uitvind wat die TBHC is, maar geoordeel aan die soort werksaamhede waarby hulle betrokke is, klink dit soos 'n soort huishoudkunde organisasie. Hier sien ons dat hulle befonds word. Kom ek lees vir agb lede watter soort bedrywighede ons befonds. Die TBHC bied 'n hardekoekversieringsprojek aan. Dan het hulle 'n maak van dose projek. [Gelag.] Toe het hulle 'n verdere tjek ontvang. Die projek wat ons befonds het, was 'n onderklere-kursus.

Ek het toe probeer uitwerk presies wat hierdie spesifieke organisasie gedoen het, en ek het agtergekom dat 'n onderklere-kursus ook gefinansier is. Nou, ten eerste moet ek in ligter trant die morele standaard van hierdie organisasie bevraagteken, maar dan wil ek werklik weet wat dit met die agb Minister se departement en die finansiering van kultuur en kultuurbedrywighede in hierdie provinsie te doen het.

Hierdie spesifieke TBHC, as 'n mens deur die lys gaan, kom nogal konsekwent en heel gereeld voor. Ek het nie 'n sakrekenaar by my gehad toe ek die lys bestudeer het nie.

Dan het ons nog 'n voorbeeld, naamlik Die Vriende van die Stellenbosch Museum. Hierdie Vriende van die Stellenbosch Museum, wie hulle ook al is, is ten minste drie maal befonds. Hulle is dalk meer gefinansier. Hulle het twee maal finansiering ontvang vir 'n kultuurfees en toe ook vir Erfenisdag. Ons sien dus dat hulle gefinansier word en ons is nie seker wat die bedrywighede werklik is en wat hierdie organisasie inderdaad doen nie.

Ek het ook op 'n baie interessante item afgekom. Dit is jammer dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning nie hier is nie. Besef die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake dat Kultuursake 'n Melkbosstrand Gemeenskapspolisiringsforum aktiwiteit finansier? Waarom finansier die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning se departement nie daardie aktiwiteit nie? [Tyd verstreke.]

Mnr R J KING: Me die Voorsitter, ek droom drome en ek sien visioene van di dag in die volgende tydperk van vier jaar na die einde van hierdie Parlement, wanneer ons poste in di Parlement gaan bespreek, en die agb lid mnr McKenzie dit in sy kollegas se koppe gekry het dat as daar ooit 'n geleentheid vir hulle is om te pleit vir hul kiesafdeling, vir hulle bedieningsgebiede, dan is dit die begrotingsposdebatte. [Tussenwerpsels.] Dit is nie my taak om hulle te probeer opskerp nie. As hulle net wil sit en luister na wat die ander sprekers tydens die debatte s!

Verskeie vorige sprekers het na hul bedieningsgebiede verwys. Ek wil spesifiek na die toesprake van twee vorige sprekers verwys, die agb lede mnr A J Williams en me Versfeld. Hulle het vier, vyf keer in hul toesprake verwys na dinge in hul kiesafdelings en die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake versoek om hulle daarmee te help. Die agb lid mnr Ozinsky het reeds drie toesprake gelewer, en die agb lid me Essop twee, en as agb lede vandag vir my vra watter gebiede hulle in die Wes-Kaap verteenwoordig, is ek jammer, maar ek sal nie daarop kan antwoord nie. [Tussenwerpsels.] Hulle praat politiek van die oggend tot die aand.

*Me T ESSOP: Die minderbevoorregtes en die gemarginaliseerdes.

Mnr R J KING: Julle mense daar buite kan nie politiek eet nie, mevrou. Julle gaan hulle nie vet gevoer kry met politiek nie! Pleit 'n slag vir hul behoeftes!

Me die Voorsitter, wanneer 'n mens voor keuses gestel word, is besluite dikwels baie moeilik. 'n Mens weeg op en vergelyk, en uiteindelik, na diepe besinning, kies jy kant; en as die uitslag volgens jou oorwo mening voor die hand liggend is, is die besluit baie eenvoudig. Hoe sterker 'n mens voel en hoe duideliker die rigting is, hoe makliker is die assosiasie en hoe sekerder is die uiteindelike besluit. Van tyd tot tyd kom 'n mens voor besluite te staan wat nie so voor die hand liggend is nie, en namate bewyse en argumente uit verskillende hoeke ingewin word, word die besluit al moeiliker. Dit is dikwels onmoontlik om eenvoudig ja of nee, links of regs, wit of swart te besluit; dan is geen besluit nie ook 'n uitweg.

Me die Voorsitter, dit kon vir my die maklike uitweg gewees het om hierdie netelige saak wat ek vandag wil ophaal te systap, te vermy of bloot te ignoreer, maar dan sou ek nie teenoor myself eerlik kon wees nie en ook nie maklik weer my kiesers in die o kon kyk nie. Dit skyn die lafhartige pad te wees.

Ek praat vandag oor die kiesers van Hermanus, en spesifiek oor die dispuut oor die toemaak van die deurgang na die plaat via die mond van die Kleinriviermeer.

Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Hoor, hoor!

Mnr R J KING: Laat my dadelik s dat ek deeglik daarvan bewus is dat baie groter geeste as ek al ernstige kopstampe rondom hierdie kwessie gehad het. Ure en ure lange debatte is al gevoer en die argumente is seker haas uitgeput, nogtans is die einde van di dispuut nog nie naastenby op die gesigseinders van die wonderskone Walkerbaai nie, en kan ewe min ek, of die nuwe Minister van Omgewing- en Kultuursake, hierdie saak van ons voordeure af weg wens.

Ja, ek glo die agb Minister is so geadviseer deur sy amptenare: "Laat dit daar, Minister; moet nie aan hierdie saak raak nie." Ek sal verstaan as hulle hom so geadviseer het, sy amptenare vir wie ek die grootste respek het en met wie ek 'n paar jaar lank ten nouer nouste saamgewerk het toe ek voorsitter van die staande komitee was, en amptenare wie se weeklikse topbestuursvergaderings ek bygewoon het. Ek het van die begin af in hierdie saak al die moontlike samewerking en hulp van hulle gekry. Alle korrespondensie was, en is steeds, tot my beskikking. Die ganse verloop is kronologies vir my gedokumenteer. Ek bedank hulle daarvoor.
Ja, ek weet die Hermanus Munisipale Raad word beskuldig van voete sleep en gebrek aan samewerking. Ek weet die een Minister na die ander het gesprekvoering oor hierdie saak reeds uitgeput. Ja, ek het probeer om alles te lees en ek het probeer om na alles te luister, maar toe Hermanus verlede jaar my bedieningsgebied geword het, was die skrif oor hierdie dispuut reeds aan die muur, en in Desember 1999 het die finale breuk gevolg. Nou is dit skaakmat.

Die Hermanus Munisipale Raad het verlede week in die Hermanus Times aangekondig dat 'n referendum gehou gaan word; net soos die referendum in 1995, waarvan ek die uitslag van 1 Desember 1995 hier op my bank het - 'n geweldige meerderheidstem vir gekontroleerde en beheerde oopstelling. Volgens die berig in die Hermanus Times, het die Hermanus Munisipale Raad by 'n algemene vergadering besluit dat die vraag van die referendum sal wees of die kiesers ten gunste van beheerde oopstelling van die Kleinriviermond is, of heeltemal daarteen gekant is.

Me die Voorsitter, ek wil vandag by die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake pleit. Die raadslede van die Hermanus Munisipale Raad het nie hierdie besluit in 'n vakuum geneem nie; daar is erge druk vanuit die hele gemeenskap op hulle. Tog is 'n voorstel by 'n onlangse saamtrek, om met massa-optrede te begin, van die tafel gevee. Die voorstel is nie aanvaar nie. Ons het hier te make met ordentlike en verantwoordelike leiers - ek ken hulle.

Ek en die agb Minister is albei nuwe hande, sover dit hierdie aangeleentheid betref. Ons twee kan nog nie kla dat ons denke al uitgeput is oor hierdie saak nie. Kom ons gee dit 'n kans. Kom ons oordink dit ernstig. Sy kop en my kop is dalk nog net skoon genoeg om hierdie saak tot 'n nuwe oplossing te dryf. Tans is daar nie 'n oplossing nie; daar is 'n dooie punt bereik.

Me die Voorsitter, ek nooi die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake uit: kom ons gaan Hermanus toe en praat met die mense. Ons kan niks verloor nie. Ons kan dalk net wen. [Toejuiging.]

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Me die Voorsitter, ek wil graag op die verskillende sake reageer in die volgorde wat hulle opgehaal is.

Ten eerste wil ek graag die agb lid mnr A J Williams bedank vir sy voorsitterskap van die staande komitee wat Omgewing- en Kultuursake hanteer en omdat hy my so ondersteun in my nuwelingsjaar in die Provinsiale Parlement, om die uitdrukking te gebruik. Wanneer ek ook al 'n toespraak in die Huis maak, ervaar ek dat die agb lid baie ondersteunend is ten opsigte van wat ek s. Dit lyk ook of hy baie vrae beantwoord, wat dit makliker vir my maak as ek moet reageer. Ek wil hom graag hartlik bedank.

Die agb lid kan ook gerus wees dat ek sal verseker dat die Taalkomitee sy mandaat nakom. Ek sal seker maak dat dit tydens my ampstermyn in hierdie portefeulje gebeur. Wat die agb lid se bekommernis ook al is, hy kan verseker wees daarvan dat dit ten opsigte van die bestuur van die Taalkomitee aandag sal geniet.

Hy het ook kommer uitgespreek oor die oorlewing van die kunste, soos ballet, opera, en die orkes. Ek is vasbeslote om toe te sien dat die orkes oorleef. Ons sal miskien in die toekoms moet kyk na die wyse waarop dit bestuur word. Ek is ook gretig om te sien dat kunste soos ballet, opera en die orkes deur een entiteit bestuur word. In plaas van om afsonderlike entiteite te h, soos tans, kan ons miskien teruggaan na die ou Kruik-stelsel waar dit deur een maatskappy bestuur is en finansierders of skenkers een maatskappy kan ondersteun, in plaas van om afsonderlike skenkings aan die orkes, ballet en opera te gee. Ek dink dit sal baie beter werk en ek is daartoe verbind om die oorlewing van hierdie kunsvorm te verseker.

Ja, ek stem saam, ons moet baie ernstig na omgewingsopvoeding kyk. Ons doen dit in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Die agb Minister van Onderwys het die Groen Skole Projek, waarkragtens skole vergroen word en 'n bietjie onderrig geskied, maar ek stem saam dat ons baie meer kan doen. Ek wil hiervan ook 'n projek maak vir die Wes-Kaapse Raad op Natuurbewaring, sodat hulle ook 'n rol vervul ten opsigte van opvoeding oor die omgewing.

Ek kom nou by die agb lid mnr Ozinsky. Ten eerste het ek nooit in hierdie Kabinet gevoel dat ek opsy geskuif word nie.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ek ontvang slegs samewerking van my Kabinetskollegas en ek wil die agb Premier en my kollegas bedank vir al hul ondersteuning oor die afgelope paar maande. [Tussenwerpsels.]

Wat die Ukuvuka-projek betref, het ek nie die laaste vergadering bygewoon nie. Ek dien in die raad maar ek het nie die laaste vergadering bygewoon nie, wat die agb lid se eerste vergadering was. Dit is hoofsaaklik waarom hy my nie daar gesien het nie.

Daar kon ook 'n mate van verwarring ontstaan het oor die rol van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning ten opsigte van brande. Ek was oorsee met die orkes en daardie agb Minister was die Waarnemende Minister van Omgewingsake. Daar kon ook 'n bietjie verwarring daaromtrent gewees het.

Ek stem heeltemal saam oor Macassar. Daar was vroer vandag 'n voorstel deur die agb lid mnr Winde. Ons moet iets omtrent Macassar doen; dit het 'n absolute skande geword. Mense kan nie onder daardie omstandighede leef nie. Ek het vandag 'n baie sterk bewoorde brief aan die KMR gerig en 'n reaksie geis. As ek nie gou 'n reaksie ontvang nie, is ek bevrees dat ek sal moet aanbeveel dat die Provinsiale Regering betrokke raak by die skoonmaak van die gebied. Ek stem heeltemal met die agb lid saam.

*Mnr M OZINSKY: Drie maande later!

*Die MINISTER: Nee, nie drie maande later nie.

*Mnr M OZINSKY: Die eerste voorval was in November. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Wat die Omgewingskommissaris betref, het ek nou die dag aan die Huis ges dat hy voor die einde van die huidige jaar aangestel sal word. Ek het nie ges in Desember nie. Die aanstelling sal gemaak word voor die einde van hierdie boekjaar. Die geld wat opsy gesit is, is vir die aanstelling van 'n kommissaris en om sy infrastruktuur vir hierdie jaar te vestig.

Wat OIE-kapasiteit betref, sal ons uitbesteding doen. Ek het vroer oor die departement se vermo om OIEs te hanteer, gepraat. Ons sal eenvoudig moet uitbestee. Ek weet nie of dit goedkoper is om uit te bestee as om dit in die departement te laat doen nie, maar dit is 'n kapasiteitsprobleem en ek moet daaraan aandag gee, anders sal ons geld verloor as ontwikkelings nie plaasvind nie en werk nie geskep word nie. Ons sal na uitbesteding moet kyk.

Die agb lid het ook verwys na die onafhanklikheid van konsultante. Ek stem heelhartig met hom saam. Dit sal 'n probleemgebied wees. Ek glo dat ons hulp behoort te kry van die NROs daar buite en van die algemene publiek, wat in hierdie verband as fluitjieblasers kan optree. Ek pleeg voortdurend oorleg met NROs en hulle het 'n belangrike rol om te vervul wat dit betref. Ons waardeer openbare deelname en insette ten opsigte van enige aanbevelings wat na die departement kom. Ek sou ook graag die agb lid wou uitnooi om enige voorstelle te maak wat hy ten opsigte van aandag in hierdie onafhanklikheid kan h. Ek sou enige voorstelle in hierdie verband verwelkom.

Ek dink dat genoeg oor Dassenberg ges is. Ons het ook gepraat oor die aanbied van verskonings of die erkenning van foute. Ja, ek stem saam, maar ek dink die agb Minister het wel toegegee dat 'n fout begaan is toe hy ges het dat hy die aangeleentheid laat hersien. Dit is 'n erkenning van 'n fout. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Lewis het oor Kerskore gepraat. Dit is vir my aangenaam om die agb lid mee te deel dat verskeie Kerskore finansieel ondersteun is tydens hierdie jaar. Dit sluit die Chiming Bells Christmas Band, Crusaders Christmas Choir, Guiding Stars Kersfeeskoor, die Perseverance Christmas Band, die St Celia Christmas Band, die Western Cape Christmas Band Union en die Young Guiding Stars in.

Die MINISTER VAN ONDERWYS: Hoor, hoor! 

Die MINISTER: Ek stem heeltemal saam met die agb lid dat ons kultuurerfenis nie deur die media in die Wes-Kaap ondersteun word nie. Ek was by twee verskillende geleenthede by die finale ronde van die Kaapse Klopse, en een keer was daar 20 000 mense wat dit bygewoon het. Daar was egter geen teken van die media nie. Daar was niks in die koerante nie. Soos ek in my toespraak ges het, hierdie geleentheid is groter as baie rugby- en sokkerwedstryde, en die media s niks daarvan nie. Ek stem dus heeltemal met die agb lid saam. Vanjaar gaan ons verseker dat dit die erkenning kry wat dit verdien.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

*Die MINISTER: Ek moet die agb lid dr Van Zyl bedank vir haar vriendelike woorde. Ek deel haar hartstog oor die bestryding van MIV/Vigs. Ek wil haar ook bedank vir haar toegewyde benadering tot MIV/Vigs en die bestryding daarvan in die gange van hierdie Huis. Ek is seker dat sy met haar toewyding en hartstog vir die bestryding van hierdie pandemie 'n invloed op baie Ministeries gehad het. Ek wil haar hiervoor bedank. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb Minister van Onderwys is in die verkeerde sitplek om tussenwerpsels te maak.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Dit is 'n komitee - sy kan hier sit.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Nee, die agb Minister moet tussenwerpsels van haar eie sitplek af maak, ongeag of die Huis in Komitee is en of die Speaker in die Stoel is. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, daar was nog een vraag wat die agb mnr Lewis opgehaal het, en dit het met biblioteke verband gehou. [Tussenwerpsels.] Hoewel die bou van biblioteke deur die Provinsie gefinansier word, word hulle eintlik deur die plaaslike munisipaliteite bestuur. Wat die agb lid opgehaal het, sou in die algemeen 'n plaaslike regeringsaak wees. Ons kan sekerlik kyk daarna om by te dra tot die rasionaliseringsproses waarvan die agb lid gepraat het.

Op die een of ander manier kom die agb lid mnr Louis altyd vorendag met moeilike vrae vir my. 'n Populre kultuur is na my mening 'n kultuur wat veral vir die jeug aanloklik is, maar wat in ons gemeenskappe gewild is in terme van die getal mense wat dit ondersteun. My departement het egter aan my 'n aantekening gestuur om my te herinner aan wat populre kultuur beteken, en ek sal dit vir die Huis voorlees. Populre kultuur sluit film en video, handwerk, moderne musiek en jazz, straatteater, moderne danse, tradisionele danse, jeugbewussyn van en betrokkenheid by kultuur, mondelinge geskiedenistradisies, muurprente en dies meer in. Ek hoop dat dit die agb lid se vraag beantwoord.

Wat die agb lid se kommer oor die geld wat aan bruin sake toegewys is, betref, stem ek heelhartig met hom saam. Dit is hoegenaamd nie genoeg nie. As 'n mens na die Begroting vir Omgewingsake kyk en in gedagte hou dat R52 miljoen van die R59 miljoen na die Wes-Kaapse Raad op Natuurbewaring gaan, kan jy sien dat daar vir ons baie min oorbly.

Die goeie nuus is egter dat ek met die nasionale Minister van Omgewingsake en Toerisme gepraat het. Hy is baie gretig om hom te vereenselwig met die projekte wat ons in die Wes-Kaap gedentifiseer het. Hy gaan aan ons 'n bietjie geld toewys uit sy fonds vir Armoedebestryding, wat nie bestee is nie ... [Tussenwerpsels.] Ons moet erkenning gee aan daardie ondersteuning deur die nasionale Regering.

Die agb lid het ook die kwessie van biosfeeropleiding opgehaal. Dit is weer eens 'n moeilike vraag. Blykbaar was daar 'n mate van biosfeeropleiding en daar is 'n slypskool wat vir Mei vanjaar beplan word wat spesifiek oor daardie onderwerp gaan. Die departement sal ten minste drie mense, almal amptenare, na hierdie slypskool stuur. Ek het ook verlede jaar 'n amptenaar na die VSA gestuur om 'n opleidingskursus oor hierdie saak by te woon. Ek hoop dat dit ook die agb lid se vraag beantwoord.

*Me T ESSOP: Wat omtrent die gay en lesbir kwessie? [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER: Het die agb lid 'n vraag oor gays en lesbirs gestel? [Tussenwerpsels.] Me die Voorsitter, as 'n liberale demokraat moet ek s dat die menseregte van die individu gerespekteer moet word. Dit is my persoonlike mening.

*Mnr M OZINSKY: Het u die finansiering daarvan ondersteun?

*Die MINISTER: Ekskuus?
*Mnr M OZINSKY: Het u die finansiering ondersteun van gay en lesbiese ... [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Ek hoef nie daarop te antwoord nie. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Daar is 'n punt van orde. Sal die agb Minister asseblief sy sitplek inneem?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Voorsitter, ... [Tussenwerpsels.] Ek is nie 'n lid van die Adams-gesin nie! [Gelag.] Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: u het vroer 'n beslissing gegee dat tussenwerpsels kort moet wees. Van daardie kant van die Huis is die tussenwerpsels uiters lank. Ek versoek u om onpartydig te wees.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! In my sitplek hier hoor ek die hele tyd tussenwerpsels. Ek hoop dat die kultuur van kort tussenwerpsels uiteindelik sal posvat aan albei kante van die Huis teen die tyd dat ons genoeg oefening in hierdie soort tussenwerpsel gehad het. Ek wil agb lede werklik weer aanmoedig om kort tussenwerpsels te maak. Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake mag voortgaan.

*Die MINISTER: Dankie, me die Voorsitter.

Ek kom nou by die agb lid me Vantura. Sy het 'n paar aande gelede 'n pragtige konsert saam met my by die Nico Malan-kompleks geniet. [Tussenwerpsels.] Ek stem heelhartig saam met haar besorgdheid oor watter kulture aandag van ons geniet. Sy sal onthou dat een van die SMOs wat gedentifiseer is, verdraagsaamheid en verskeidenheid in die Wes-Kaap was. Haar bekommernis is daardeur gedek. Een van die sleutel meetbare oogmerke van hierdie departement is egter, soos ek ges het, veral in Kultuursake, aandag aan die jeug se verdraagsaamheid vir mekaar, en die jeugkampe.

Buite-skoolse opvoedkundige programme, veral in geestes- en natuurwetenskappe, maak deel uit van die opvoedkundige program van die departement by museums en kultuurprogramme, en by reservate. Ek sal in hierdie Ministerie voortgaan om verdraagsaamheid en die erkenning van die diversiteit van die Wes-Kaap aan te moedig. Sy kan verseker wees daarvan.

Ek was van mening dat die agb lid se toespraak ietwat polities was en nie aandag gegee het aan die Begroting nie, maar ek bedank haar vir haar bydrae.

Ek stem saam met die agb lid me Versfeld dat ons ekosisteem agteruitgaan. Die bedoeling van die bruin komponent in die departement is om aandag te gee aan die bestuur van soliede afval, vullisverwydering en besoedelingsbeheer. Di sake is hoog op ons agenda.

*Wat hawens betref, dink ek dat privatisering waarskynlik die beste keuse is. Ek dink nie dat die Provinsie werklik kan bekostig om hawens oor te neem wat in die vervalle toestand verkeer waarin hulle is nie. Dit sal die Provinsie miljoene kos om die toedrag van sake te kry waar dit behoort te wees. Ek sou die Provinsie nie aanraai om betrokke te raak nie, tensy die nasionale departement die funksie saam met die fondse afwentel.
Ek kom nou by die agb lid me Essop, my gunsteling agb lid in die opposisiebanke. [Tussenwerpsels.] Sy het 'n paar baie belangrike vraagstukke opgehaal. Ek stem heelhartig met haar saam dat 'n mens moet kyk na waar die fondse heengaan in terme van ons ad hoc-begrotings. Soos ek egter vroer ges het, dit is die doel van die Kultuurkommissie. Ek sal herhaal wat ek in my toespraak ges het:

Dit is 'n verteenwoordigende liggaam van die mense in die Wes-Kaap, wat aangestel is deur 'n demokratiese proses, en die aanbevelings wat hulle binne ons beleidsraamwerk maak, sal dus die wil van die mense van hierdie provinsie weerspiel.

Ek sou derhalwe hoop dat hierdie oop en deursigtige proses die kritiek van kultureel bevooroordeelde besteding sal beindig. Dit sal vanjaar die eerste maal wees wat die Kultuurkommissie kyk na die befondsing wat hulle uitdeel, en ek het die volste vertroue in hulle dat hulle goeie werk sal doen. Aanbevelings sal na my kom en ek sal dit bestudeer. Die agb lid kan verseker wees daarvan dat ek 'n benadering van direkte betrokkenheid sal volg tot finansiering deur hierdie Kultuurkommissie.

Daar was iets anders waarop ek wou wys. [Tussenwerpsels.] Ek weet nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Dit is 'n onderklerefabriek. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Dit is 'n organisasie wat te doen het met die opleiding van mense in die maak van onderklere en so meer. [Gelag.] Ek sou graag wou s dat ek persoonlik sal verseker dat agb lede 'n afskrif kry van die maatstawwe wat daar van toepassing is, asook 'n afskrif van ons aansoekvorm. Hulle kan dit bestudeer. [Tussenwerpsels.] En miskien 'n voorbeeld van 'n paar stukke verleidelike onderklere! [Gelag.]

'n AGB LID: Miskien kan u 'n uitstalling hou!

Die MINISTER: Is die agb lid bereid om die onderklere in die Huis uit te stal? [Tussenwerpsels.]

Laastens kom ek by die agb lid mnr King, wat 'n hartstogtelike pleidooi gerig het vir die heropening van die Kleinriviermond. Ek is bevrees dat ek baie onwillig is om weer hierdie blik vol onheilighede oop te maak. Ek het die eerste paar maande in my portefeulje daaraan bestee om hieroor te beraadslaag. Dit was 'n Kabinetsbesluit op 20 Oktober 1999, toe die Kabinet die sluiting op ons aanbeveling goedgekeur het. Ek wil aanhaal uit 'n brief wat van die nasionale departement ontvang is. Dit was 'n brief aan die Walkerbaai Hengel- en Marienebewaringsvereniging, wat 'n appl tot die nasionale Minister gerig het oor die besluit om die mond te sluit. Die nasionale departement het reageer deur te s, en ek haal aan:

I further believe that the Western Cape Government was fully justified in taking steps to prevent 4x4 vehicle access to the area.

Hulle het dit ondersteun. Ek is onwillig om dit te heropen, maar wat ek sal doen, as die agb lid wil, is om te gaan en by die eerste geleentheid wat ek kry, met die hengelklub te praat.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

*Die SPEAKER: Orde! Ek gaan die agb Premier toelaat om 'n voorstel sonder kennisgewing voor te stel. Hy mag voortgaan.

GOEIE WENSE AAN MOSLEMS

(Voorstel)

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis sy goeie wense teenoor die Moslem-gemeenskap van Suid-Afrika, en in besonder die Moslem-gemeenskap van die Wes-Kaap uitspreek, vir 'n vreedsame Eid-ul-adhaa-viering, ook bekend as Labarang Hadj, en verder alle Moslem-broeders wat hul heilige pelgrimstog na Mekka, Saoedi-Arabi, voltooi het, verseker van sy opregte bede vir hul veilige terugkeer na hul gesinne in Suid-Afrika.

Goedgekeur.

Die Huis verdaag om 17:58.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

KOMITEEVERSLAG:

Die Speaker:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Owerheidsake en Gemeenskapsveiligheid oor die Wysigingswetsontwerp op die Munisipale Ordonnansie, 1974 [W 4-2000], gedateer 15 Maart 2000, soos volg:

		Nadat die Staande Komitee oor Owerheidsake en Gemeenskapsveiligheid oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wysigingswetsontwerp op die Munisipale Ordonnansie, 1974 [W 4-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om die Wetsontwerp sonder amendement voor te l.


1448	DONDERDAG, 16 MAART 2000



	DONDERDAG, 16 MAART 2000	1447



1388	DONDERDAG, 16 MAART 2000


